Mei 2022 – Nuusbrief

Nuusbrief / Newsletter

Geagte lid.

Ons vertrou dat dit goed gaan met elkeen van julle.
Hier is ʼn bietjie terugvoering oor die laaste paar maande se gebeure by die klub.

Klub Kampioenskappe
Dit is elke jaar een van die dae wat almal se gholf toets tot op die breekpunt.
Die 36 gate toets jou fiksheid, keuse van houe en dan as die wind waai teen amper 70km uur dan moet jy mooi beplan watter hou jy waar wil speel.
Dankie aan elke lid wat kom deelneem het die 9de April 2022. Daar was 45 spelers gewees op die dag wat die wind aangevat het.

Die wenners was soos volg :

A Afdeling best gross:
C. Jansen met 154, is die nuwe klub kampioen vir die jaar. Baie geluk.
T. Fourie met 156.
G. Gabriel met 157.
J. Moos met 157.

Beste Nett :
S. Swanepoel met 150 baie geluk.
J. Moos met 153.
N. Davids met 153.

Afdeling B best gross :
I. September met 167 wen die B afdeling. Baie geluk.
C. Valentine met 171.
H. Kleynhans snr met 171.

Beste Nett :
H. Kleynhans met 149 baie geluk.
JD. Terblanche met 150.
M. Visagie met 151.

C Afdeling :
T.Steenekamp met 31 punte baie geluk.
A.Smit met 29 punte.

Dames :
K.Hardy met 30 punte baie geluk.
M. Anderson met 27 punte.

Baie dankie aan elke speler wat deelgeneem het.
Ons waardeer die ondersteuning.

Monthly Medal 16 April
Dankie vir elke speler wat kom speel het in die monthly medal :
Die wenners was soos volg op die dag.
D. Tobias met 67 baie geluk en well played.
H. Swart met 67.
K. Tollig met 69.
C. Jansen met 69.

Dan wil ons julle ook laat weet dat die baan ʼn nuwe trekker gekry het asook ʼn spuit. Dit gaan die baan baie help, die Fiat trekker is nou ons Oupa en doen al die ligter werk.

Die greens gaan die 9de Mei “ge-hollow tine” word en die baan gaan toe wees tot die 18/20 Mei.

Baie dankie vir almal se ondersteuning.
Sterkte vir almal se week.
Groete,
Bestuur.

Maart 2022 – Nuusbrief

Nuusbrief / Newsletter.
Geagte lid.
Ons vertrou dat dit goed gaan met elkeen van julle.
Ons wil vir elke lid ongelooflik dankie sê vir julle ondersteuning aan die begin van die jaar. Sonder die ondersteuning van elke lid sou die jaar baie anders gelyk het. In die laaste maand het ons ‘n paar groot gholf dae gehad.

Vroue dag / ICM
Ons het op die 5de Februarie ons vroue en ICM dag gehad.
Daar was 70 vrouens gewees, wat die meeste in ‘n lang tyd was. Die dag was baie suksesvol gewees. Baie dankie aan Megan, Liza, Elmarie en al die ander dames wat betrokke was by al die reëlings van die dag. Ons is trots op elkeen van julle en dankbaar vir julle tyd en moeite van die bestuur se kant.
Die wenners van die dag is soos volg :
1st plek :
Melanie Frylink [Pro Shop], Marlene Nell, Romy Dippenaar en Ellie Nienaber – Stellenbosch/De Zalze Club
2de Plek :
Nancy Doratt, Ann Galloway, Julie Clifton en Lyn Cochrane – Westlake Club
3de Plek :
Loose Olivier, Liana Loubscher, Marietjie van der Merwe enTersia Botha – Devonvale
Baie geluk aan die Wenners.

ICM was gespeel op Hermanus op dieselfde dag.
Baie dankie vir elke lid wat die tyd eenkant gesit het om op die dag te gaan speel.
Ons het gelyk op gespeel en daar is in die geskiedenis net ‘n handvol van die dae wat gelyk op geëindig het.
Wel gedaan aan almal wat gespeel het. Nou moet ons seker maak dat ons die beker weer terug wen op tuis front.

Monthly medal en Spilhaus cup.
Dankie vir almal wat deel in die dae. Dit word opreg waardeer deur die bestuur.
Ons wenners op die dae moet onthou dat hulle pryse by die klub gehou word as hulle nie by die prysuitdeling was nie.

Geelstert Classic
Dit is een van die groot naweke op Bredasdorp gholfklub se kalender en ons as bestuur streef daarna om die dag te laat groei op ‘n jaarlikse basis.
Ons wil baie dankie sê aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het.
Ons hoofborg was Point-S saam met Trelleborg. Ons wil vir julle baie dankie sê en vir ons lede vra om al ons borge wat deur die Jaar die gholf dae moontlik maak te ondersteun. Sonder hulle sal die gholf dae se ervaring nie moontlik wees nie.
Weereens baie dankie.
Ons het op die Vrydag 18 spelers gehad wat kom deel neem het aan die 9 gate kompetisie.
Die eerste 3 plekke was:
1ste : Louis du Pisani.

2de: Wimpy O’Connel.
3de: Dian Giliomee.
Baie geluk manne.
Ons het ook baie lekker geëet die aand, baie dankie John vir die braai werk.
Ons glo en vertrou dat dit ook sal groei in die toekoms.

Die Saterdag was net so ‘n lekker dag gewees. Dankie vir Point-S vir die nat gat by 4.
Dit is altyd lekker om iets daar te kry, vir die keel en vir die maag.

Ons wenners vir die dag was soos volg:
1ste : G. Hugo en N. Louw met 46 punte. Baie geluk.
2de : R. Jansen en M. Visagie met 45 punte.
3de : N. Davids en P. Valentine met 44 punte op uit tel.

Baie geluk manne. Weereens dankie aan almal wat deel geneem het. Ons glo dat ons almal weer sal sien volgende jaar asook ‘n hele klomp nuwe spelers.
Die borge vir die dag was.
Hoofborg: Point-S.
SAB, Distriliq (Tygerbrands), Engelbrecht Oogkundiges, Growth Dynamics.

Onthou asseblief die volgende groot klub dag is die klub Kampioenskappe die 9de April.

Mooi week verder vir elkeen van julle.
Groete,
Bestuur.

Bredasdorp Golf Club – Boland Club of the Month June 2022

The Bredasdorp Golf Club, located in one of the picturesque parts of the Boland, was founded on 31 July 1919.
Bredasdorp is located in the heart of the Overberg region, about a 2-hour drive from Cape Town and about 25 km from Cape Agulhas, the southernmost tip of Africa.
Gert Albertyn, former club captain as well as former president of the golf club, says the first course was located near the old cemetery. The first captain of the golf club was R. Taylor and a descendant of him Rod later played a major role in promoting golf among the junior players.
After a number of years, the golf course had to be moved and the second course was located on the old premises of the Police Station. Because this land was later made available for housing, the golf club had to make plans to relocate in the early 1970s.
The fifty members of the 1970s took the task on themselves to build the new course. Grass was planted, and farmers from the area brought their implements to level the rough terrain.
The course was opened in the early 1970s.
The greens were planted with Bermuda (kweek) grass, but two decades later all the greens were replanted with bent grass and today Bredasdorp has greens of excellent quality.
The Bredasdorp course’s attractive look, and quality fairways and greens make it one of the outstanding 9-hole courses in the Boland.
The par 72 course has a total length of 5 666 meters.
Another unique feature of the Bredasdorp course is that it is the golf course that is closest to the southernmost tip of Africa.
Visitors are very welcome and caddies and golf carts are always available

LEAGUE GOLF AND OTHER COMPETITIONS
Bredasdorp Club has been playing in the Boland League competition for years and is usually one of the strong teams in the Brodie League. The club are also stalwarts in the BBL league as well as Baklei League.
The competition for the ICM Cup has been played between teams from Bredasdorp and Hermanus since 1968.
There are also regular club competitions played throughout the month and especially the Wednesday league is very popular among members.
GOODWIN CUP
This year will be the 56th year that the club presents this day which is a highlight on the Bredasdorp Golf Club’s annual calendar.
CLUB COMMITTEE
The current committee of the Bredasdorp Club: Johan de Kock (president), JD Terblanche (captain), Eliza van der Westhuizen (women’s captain), Kobus Tollig (vice-captain), Pierre-Etienne Rossouw (secretary), Jannie Engelbrecht, Paul Valentine (additional members).

TREVOR IMMELMAN IS ONE OF THE WINNERS OF THE BREDASDORP OPEN
The 2008 Masters champion Trevor Immelman won the Bredasdorp Open in 1997 as a youngster.
Other winners of the Bredasdorp Open include the professional players or former professional players Hennie Walters (1993 and 1994), Ockie Strydom (2008) and Keagan Thomas (2019).
Swellendam’s Paul Baatjies has won the Bredasdorp Open four times.

CLUB CHAMPIONSHIPS AND COURSE RECORD
Several players dominated Bredasdorp’s club championships for long periods.
Alfred Dowling was crowned club champion of Bredasdorp for 13 consecutive years (from 1950 to 1962) and this record still stands today.
Chris Blom has also won the club championships several times since 1967. In the 1970s he was champion almost every time, while his son Chris Blom jnr was also champion in 1977.
The well-known SA hurdles athlete Cornelius Uys was the club champion for four years in a row – from 1981 to 1984, while the former Boland rugby player Buks Jamneck was club champion in 1970.
Duard Coetzee won the first of his nine club championships in 1992. Coetzee is also the holder of the course record with an excellent score of 61.

FEATURE HOLE OF THE COURSE
An outstanding hole on the course is the 7th hole (par 5). It plays uphill and 5 is always a good score.

BREDASDORP WOMEN’S DIVISION
Bredasdorp Club has been very happy all these years that they had women members who played golf with great enthusiasm as well as made a great contribution in terms of club activities.
“The women have done a great job over the years by preparing food at the club’s big competition days,” says Albertyn.
Two great stalwarts of the club are Marie du Toit and Ria du Toit.
Marie du Toit was captain of the women’s division for almost 20 years – from 1969 to 1986 (except 1982). She also won the club championships several times.
Ria du Toit dominated the club championships of the women’s division and from 1971 she was crowned champion 17 times.
The annual Women’s Day of the Bredasdorp Club is one of the highlights on the golf calendar. This year there was a record number of participants of 70. The tasty food and wines are also a feature of this day.

Julie 2021 – Nuusbrief

Geagte Lid

Ons vertrou dat dit goed gaan. 
As bestuur het ons besluit om die AGM aan te skuif na die 1st September 2021. Ons glo dat dinge teen daardie tyd al meer normaal sal wees asook uit die meeste gevaar van die COVID-19.
Ons bid en vertrou dat almal gesond sal bly. 

Dan wil ons vir Oom Nico du Plessis baie dankie sê vir sy hande werk met die graniet bof merkers dit lyk baie mooi. Dankie ook aan F.J. Snyders wat die graniet aan ons geskenk het. 

Baie dankie aan al die lede wat reeds hulle lidmaatskap fooie betaal het. Ons waardeer dit opreg. 

Ons nooi julle almal hartlik uit na die volgende gholf dae wat beplan word:

24 Julie : Stigtings dag
28 Augustus: Klub Kampioenskappe
11 September: Boere teen Dorp
19 September: Bredasdorp Ope
2 Oktober: GOODWIN dag. (Die plakkaat sal binne die volgende 2 weke uit gaan) 

Skakel gerus die klub vir enige navrae oor die gholf dae of as daar enige ander vrae is.

Gaan kyk gerus op ons webtuiste waar al die nuuste nuusbriewe ook sal voorkom: 

https://bredasdorpgolfclub.co.za   

COVID-19 
As bestuur en klub vra ons dat almal by die reëls bly en dit respekteer.Dit is daar vir ‘n rede sodat ons almal Veilig en gesond kan bly en sodoende die klub kan oop hou sodat ons almal die sport beoefen en geniet waarvoor ons almal baie lief is. 

Baie dankie vir almal se ondersteuning en samewerking. 

Groete, Bestuur. 

Februarie 2021 – Nuusbrief

Nuusbrief / Newsletter.
Geagte lid.
Glo dat dit gaan goed met elk van julle en dat die jaar goed begin het.
Ons as Bredasdorp Gholfklub het n baie goeie Desember maand gehad.
Wil die Here ook net bedank vir sy seën en hand wat ons dra, sonder Hom sal dit nie moontlik wees.
Die verandering aan die Proshop het ook sy vrugte gepluk met n omset van ± R 35 000 in die 1ste 10 dae. Ons sien uit na die nuwe verhouding wat ons met die Proshop het en wil julle as lede laat weet dat as julle iets sien of kort wat op die “ website “ is, dat ons dit vir julle kan bestel deur ons proshop en laat aflewer by ons.
In Januarie het die Woensdag liga afgeskop en het die Saterdag Kompetisie dag afgeskop met n Familie / Vriende dag wat almal baie geniet het wat deel geneem het en glo die dag sal nog groei.
Ons het ook op die 6de Feb ons Vroue dag gehou waar daar 38 vrouens deel geneem het.
Die dag was baie suksesvol en die dames het die baie geniet en hulle sal volgende jaar weer kom.
Wil net baie dankie sê vir Megan en haar span.
Ons was op die 7de Feb die gasheer vir Boland teen Suid Kaap Junior Challenge. Waar daar 48 van die top Juniors in hulle ouderdoms groepe kom speel het. Die terugvoering van die baan was baie goed gewees en glo dat ons op die ouers en kinders n groot indruk gemaak het, dat n 9 putjie baan die tweede 9 baie anders kan speel.
Met dit wil ek vir elke lid baie dankie sê vir hulle ondersteuning.
Gollie en die baanspan, John, Jose, Elmarie en dames in die kombuis baie dankie vir al julle harde werk. Word op reg waardeer.
Teen laaste onthou die volgende paar datums asb.
Spilhuas Cup begin die 20ste Feb.
Geelstert Classic is die 26ste & 27ste Feb.
Capt vs Vice Capt Ryder cup 20ste Mrt.
Hoop ons sien elk van julle op die dae.
Groete,
Bestuur

Desember 2020 – Nuusbrief

Nuusbrief / Newsletter.
Geagte lid.
Vertrou dat dit goed gaan met elk van julle.
Ons wil vir elke lid ongelooflik dankie sê vir hulle ondersteuning in die jaar. Sonder die ondersteuning van elke lid sou die jaar baie anders gelyk het.
n Geseënde Kersfees toe wens en dat julle die tyd saam met julle families sal geniet en Geseënde nuwe jaar en mag die genade van God op ons almal wees in 2021.
As julle in die dorp is kom geniet n rondte gholf.
Groete,
Bestuur.

Augustus 2020 – Nuusbrief

Gholf groete aan ons lede,
Die gesegde “die enigste konstant in die lewe is verandering” was seker nog nooit so gepas soos om die afgelope jaar in die geskiedenis van die Bredasdorp Gholfklub te beskryf nie. Die klub bestuurder Werner Ferreira wat die klub vir n periode van 10jaar bestuur het, het bedank in Januarie en in Februarie het die Corona virus “Covid19” sy kop uitgesteek. Soos almal weet is die baan gesluit op die 29 Maart 2020 en is toestemming eers verleen op die 13 Junie 2020 om onder baie spesiale omstandighede spel te hervat.
Vir n periode van 11weke was daar geen bedryfs-inkomste vir die klub nie en daar moes noodgedwonge onkostes aangegaan word om die baan te onderhou. Baie dankie aan lede wat gedurende hierdie moeilike tyd gehelp het deur hul jaargelde vroegtydig te betaal. Dit het bygedra om die personeel en n paar van die lopende-uitgawes te betaal en om die baan in die goeie toestand te bring waarin dit nou verkeer.
Die Covid19 regulasie laat dit nie toe dat ons meer as 50 mense by die klubhuis by mekaar mag wees dus het die kommitee besluit om op die goedertrou van die lede staat te maak en die Algemene Jaarvergadering uit te stel tot sodra hierdie regulasie dit toelaat om weer almal saam tek an vergader.
Die finansiële state is deur die ouditeure nagegaan en afgeteken en is beskikbaar vir alle opbetaalde lede by die klubhuis. Die huidige kommitee lede is almal beskikbaar om hul termyn te verleng tot die nodige vergaderings gehou kan word. Ons doen ’n beroep op lede om asseblief, indien u enige kommentaar, bespreking, vraag of idee het om dit asseblief per epos of brief of nota onder die aandag van die komitee te bring. Onthou asseblief dat die komitee daar is om u, die lede van die klub te dien.
Die opwindendste nuus vir die klub is dat ten einde laaste daar n begin gemaak is met die ontwikkeling van die grond wat nie huidig deur die klub gebruik word nie. Lede sal miskien merk dat daar opmetings gemaak word om die baan en klubhuis area te skei van die ontwikkelbare grond. Hierdie is n baie lang en uitgerekte proses maar ten minste is die wiel aan die rol. Die ontwikkelaar het reeds ’n deposito betaal vir die reg om sekere vatbaarheid studies te onderneem en sal aan die klub rapporteer sodra hierdie voltooi is. Lede sal deurentyd op hoogte gehou word met die vordering van die projek en as Covid19 ons nie verder kelder nie behoort ’n volledige ontwikkelings voorstel voorgelê word aan lede voor die Desember seisoen.
Die Covid19 regulasies is baie spesifiek oor die dra van maskers, die sanitasie van hande en toerusting, die handhawing van 2.5 meter distansie en ook die beperking op die getal mense wat bymekaar mag kom. Met hierdie regulasies in gedagte gaan ons Saterdag die 22ste Augustus die Kaptein teen die Onder-Kaptein Saterdag noem, Saterdag die 5de September is die Klub Kampioenskap Saterdag en Goodwin Saterdag is op die 26ste September. Wie weet, ons is miskien dan al terug na normaal.
BREDASDORP
Gholfklub / Golf Club
Box/Bus 131
Bredasdorp 7280
028-424 1855
info@bredasdorpgolfclub.co.za
The friendly Golf Club nearest the Southern tip of Africa
Die vriendelike Gholf Klub naaste aan die Suidste punt van Afrika.
Onthou om tog asseblief by Elmarié te bespreek indien u op enige Saterdag wil speel.
Ons vra lede se geduld en ondersteuning gedurende hierdie tye met sy eie uitdagings.
Help ons asseblief om deel van die oplossing te wees!
Groete,
JD Terblanche
Klub Kaptein

Julie 2020 – Newsletter

Newsletter We trust that this letter finds you well.
We are very happy to finally be able to re-open the course to all our members. Your support over the last 2 weeks is greatly appreciated and the Wednesday league is also well underway again. We as management plan to have a few more golf days in the next month and will keep you posted. It would be nice to be able to see each member on these planned days. COVID-19 Right now, we’re not going to keep the kitchen and bar open until further notice. We ask that every member follow the rules set out by GolfRSA so that we can all continue to enjoy the sport. We would like to thank Gollie and his team who work hard to keep the course in excellent condition so we can enjoy it. Here and there are some changes to the holes we are going to make that we hope every member will enjoy. Membership Thank you to every member who has already paid. The new year has started for the 2020/2021 membership, if you need any information about your fees please contact the pro shop. Development The development committee has been working with the developers for almost a year on the land not used by the club. We have a lot of good news, the development process has begun. The developer paid a non-refundable deposit for the start of phase 1 of the development. The first phase of the development involves surveying the total property, then the course area must be demarcated and cut off from the development area. The necessary permission must then be obtained from Province as well as Municipality and then the alienation and development of the area can begin. This process is administrative, and we hope that it will be completed very soon. The development committee will soon have a complete planning document ready to send to all members. As soon as the Covid-19 regulations allow, information sessions will be held to keep members informed of the progress of this project. We are very excited that this project will finally start and to secure the future of the Bredasdorp Golf Club. In closing We just want to say thank you again to every member, without you we cannot be Bredasdorp golf club.
If anyone need information you are welcome to send an email to the club. A beautiful day and week for everyone.
Greetings
Management.

Maart 2020 – Nuusbrief

Nuusbrief / Newsletter
Geagte lid.
Die jaar het af geskop met ‘n “bang” soos hulle sê. Ons moes ons spanne bietjie verander en aanpas met Werner wat weg is. Ons wil vir al ons personeel baie dankie sê vir dit wat hulle doen, vermag en die harde werk wat hulle insit op ‘n daaglikse basis. Die baan is in ‘n baie goeie toestand. Dankie ook aan Oom Gert wat vir ons raad gee en help waar hulle kan.
Kaptein vs Kaptein
Ons eerste klub dag was gehou op die 25ste Januarie. Die twee Kapteine het teen mekaar gespeel. Die dag was baie lekker gewees. Northmec Case en John Deere was die borge vir die dag.
Die John Deere span wat gelei was deur ons Dames Kaptein het die dag op ‘n uit tel gewen.
Baie geluk Liza. ‘n Hartlike dankie aan al die lede wat die dag betrokke was.
ICM
Ons het op die 1 ste Februarie ons ICM dag gespeel op Hermanus. Die weer was perfek op die dag en almal het dit baie geniet. Bredasdorp het die dag weer gewen met n paar punte waarmee ons voorloop en ons ‘n goeie kans gee om die beker vir die 3de agtereenvolgende jaar te wen.
Baie dankie aan elke speler wat daar was. Kom ons doen dieselfde wanneer Hermanus by ons kom speel.
Geelstert Classic
Die aand voor die Geelstert Classic het ons ‘n lekker Geelstert braai gehou, almal wat daar was het dit ongelooflik baie geniet. Ons sal weer so aand beplan en ook ‘n woord van dank aan almal wat gehelp het met die braai, die kombuis staf asook almal wat help reël het aan die aand.
Ons het ons Geelstert Classic gehou op die 29 ste Februarie op die skrikkel dag. Weereens was dit n baie lekker dag gewees met ‘n wind wat die manne en dames so ‘n bietjie gepla het maar nie te min het die spelers baie goeie punte gemaak. Die spelers het met groot pryse weg gestap en ons wil vir al ons borge op die dag baie dankie sê vir hulle bydrae.
Die borge vir die dag was:
Mari Verwey, Arniston Hotel, Soetmuisberg, Table Café, Just Property Struisbaai,
Explorio, Bredasdorp Square, Wimpy Bredasdorp, Overberg Appliances, HPM, Pro shop, Kobus Tollig Photography, Johan De Kock
BREDASDORP
Gholf Klub / Golf Club
Ons gaan voortbou op die sukses van die dag vir volgende jaar en wil die dag een van ons bekende dae maak. Baie dankie vir almal wat die dag saam met ons geniet het.
Covid 19
Soos wat almal gehoor het gaan ons van Donderdag aand 12uur op “Lock down” wees.
Wees asb versigtig en pas julle self op.
Ons kon dit reg kry om te reel dat Gollie en 2 van sy manne kan aan gaan met die baan se onderhoud. Ons wil verseker dat wanneer die stof gaan lê het en ons almal weer die “ game ‘’ kan speel waarvoor ons lief is, die baan steeds in die goeie kondisie is soos ons dit tans sien en weer kan op tel waar ons gestop het.
Met die forseerde sluit van die baan verloor ons egter inkomste wat bydrae tot die betaling van ons daaglikse omkostes. Dus wil die bestuur die volgende voorstel:
Lede kan nou al ‘n R 500 van hulle 2020/2021 lidmaatskap betaal sodat daar voorsiening gemaak kan word vir die verlies van inkomste. Die lidmaatskap fooie vir 2020/2021 is nog nie bepaal nie en sal op ‘n ander aangeleentheid deur gegee word aan alle lede. Die R 500 sal dan afgetrek word van die lidmaatskap fooi vir 2020/2021 waarvan die uistaande bedrag dan betaalbaar sal wees sodra die nuwe fooie bekend gemaak word.
Dit is vir almal ‘n baie onseker tyd maar ons glo dit is die beste manier om die klub deur die volgende 21 dae te kry.
Ons wil versoek dat elke lid hulself en hul gesin in die tyd sal oppas en veilig sal wees.
Ons bid en vertrou dat ons mekaar na die 21 dae sal sien en almal perdfris en gesond sal wees.
Groete,
Bestuur.