Nuusbrief / Newsletter.
Geagte lid.
Glo dat dit gaan goed met elk van julle en dat die jaar goed begin het.
Ons as Bredasdorp Gholfklub het n baie goeie Desember maand gehad.
Wil die Here ook net bedank vir sy seën en hand wat ons dra, sonder Hom sal dit nie moontlik wees.
Die verandering aan die Proshop het ook sy vrugte gepluk met n omset van ± R 35 000 in die 1ste 10 dae. Ons sien uit na die nuwe verhouding wat ons met die Proshop het en wil julle as lede laat weet dat as julle iets sien of kort wat op die “ website “ is, dat ons dit vir julle kan bestel deur ons proshop en laat aflewer by ons.
In Januarie het die Woensdag liga afgeskop en het die Saterdag Kompetisie dag afgeskop met n Familie / Vriende dag wat almal baie geniet het wat deel geneem het en glo die dag sal nog groei.
Ons het ook op die 6de Feb ons Vroue dag gehou waar daar 38 vrouens deel geneem het.
Die dag was baie suksesvol en die dames het die baie geniet en hulle sal volgende jaar weer kom.
Wil net baie dankie sê vir Megan en haar span.
Ons was op die 7de Feb die gasheer vir Boland teen Suid Kaap Junior Challenge. Waar daar 48 van die top Juniors in hulle ouderdoms groepe kom speel het. Die terugvoering van die baan was baie goed gewees en glo dat ons op die ouers en kinders n groot indruk gemaak het, dat n 9 putjie baan die tweede 9 baie anders kan speel.
Met dit wil ek vir elke lid baie dankie sê vir hulle ondersteuning.
Gollie en die baanspan, John, Jose, Elmarie en dames in die kombuis baie dankie vir al julle harde werk. Word op reg waardeer.
Teen laaste onthou die volgende paar datums asb.
Spilhuas Cup begin die 20ste Feb.
Geelstert Classic is die 26ste & 27ste Feb.
Capt vs Vice Capt Ryder cup 20ste Mrt.
Hoop ons sien elk van julle op die dae.
Groete,
Bestuur