Nuusbrief / Newsletter.
Geagte lid.
Ons vertrou dat dit goed gaan met elkeen van julle.
Ons wil vir elke lid ongelooflik dankie sê vir julle ondersteuning aan die begin van die jaar. Sonder die ondersteuning van elke lid sou die jaar baie anders gelyk het. In die laaste maand het ons ‘n paar groot gholf dae gehad.

Vroue dag / ICM
Ons het op die 5de Februarie ons vroue en ICM dag gehad.
Daar was 70 vrouens gewees, wat die meeste in ‘n lang tyd was. Die dag was baie suksesvol gewees. Baie dankie aan Megan, Liza, Elmarie en al die ander dames wat betrokke was by al die reëlings van die dag. Ons is trots op elkeen van julle en dankbaar vir julle tyd en moeite van die bestuur se kant.
Die wenners van die dag is soos volg :
1st plek :
Melanie Frylink [Pro Shop], Marlene Nell, Romy Dippenaar en Ellie Nienaber – Stellenbosch/De Zalze Club
2de Plek :
Nancy Doratt, Ann Galloway, Julie Clifton en Lyn Cochrane – Westlake Club
3de Plek :
Loose Olivier, Liana Loubscher, Marietjie van der Merwe enTersia Botha – Devonvale
Baie geluk aan die Wenners.

ICM was gespeel op Hermanus op dieselfde dag.
Baie dankie vir elke lid wat die tyd eenkant gesit het om op die dag te gaan speel.
Ons het gelyk op gespeel en daar is in die geskiedenis net ‘n handvol van die dae wat gelyk op geëindig het.
Wel gedaan aan almal wat gespeel het. Nou moet ons seker maak dat ons die beker weer terug wen op tuis front.

Monthly medal en Spilhaus cup.
Dankie vir almal wat deel in die dae. Dit word opreg waardeer deur die bestuur.
Ons wenners op die dae moet onthou dat hulle pryse by die klub gehou word as hulle nie by die prysuitdeling was nie.

Geelstert Classic
Dit is een van die groot naweke op Bredasdorp gholfklub se kalender en ons as bestuur streef daarna om die dag te laat groei op ‘n jaarlikse basis.
Ons wil baie dankie sê aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het.
Ons hoofborg was Point-S saam met Trelleborg. Ons wil vir julle baie dankie sê en vir ons lede vra om al ons borge wat deur die Jaar die gholf dae moontlik maak te ondersteun. Sonder hulle sal die gholf dae se ervaring nie moontlik wees nie.
Weereens baie dankie.
Ons het op die Vrydag 18 spelers gehad wat kom deel neem het aan die 9 gate kompetisie.
Die eerste 3 plekke was:
1ste : Louis du Pisani.

2de: Wimpy O’Connel.
3de: Dian Giliomee.
Baie geluk manne.
Ons het ook baie lekker geëet die aand, baie dankie John vir die braai werk.
Ons glo en vertrou dat dit ook sal groei in die toekoms.

Die Saterdag was net so ‘n lekker dag gewees. Dankie vir Point-S vir die nat gat by 4.
Dit is altyd lekker om iets daar te kry, vir die keel en vir die maag.

Ons wenners vir die dag was soos volg:
1ste : G. Hugo en N. Louw met 46 punte. Baie geluk.
2de : R. Jansen en M. Visagie met 45 punte.
3de : N. Davids en P. Valentine met 44 punte op uit tel.

Baie geluk manne. Weereens dankie aan almal wat deel geneem het. Ons glo dat ons almal weer sal sien volgende jaar asook ‘n hele klomp nuwe spelers.
Die borge vir die dag was.
Hoofborg: Point-S.
SAB, Distriliq (Tygerbrands), Engelbrecht Oogkundiges, Growth Dynamics.

Onthou asseblief die volgende groot klub dag is die klub Kampioenskappe die 9de April.

Mooi week verder vir elkeen van julle.
Groete,
Bestuur.