Nuusbrief / Newsletter
Geagte lid.
Ons vertrou dat dit goed gaan met elkeen van julle.
Hier is ʼn bietjie terugvoering oor die laaste paar maande se gebeure by die klub.
Klub Kampioenskappe
Dit is elke jaar een van die dae wat almal se gholf toets tot op die breekpunt.
Die 36 gate toets jou fiksheid, keuse van houe en dan as die wind waai teen amper 70km uur dan moet jy mooi beplan watter hou jy waar wil speel.
Dankie aan elke lid wat kom deelneem het die 9de April 2022. Daar was 45 spelers gewees op die dag wat die wind aangevat het.
Die wenners was soos volg :
A Afdeling best gross:
C. Jansen met 154, is die nuwe klub kampioen vir die jaar. Baie geluk.
T. Fourie met 156.
G. Gabriel met 157.
J. Moos met 157.
Beste Nett :
S. Swanepoel met 150 baie geluk.
J. Moos met 153.
N. Davids met 153.
Afdeling B best gross :
I. September met 167 wen die B afdeling. Baie geluk.
C. Valentine met 171.
H. Kleynhans snr met 171.
Beste Nett :
H. Kleynhans met 149 baie geluk.
JD. Terblanche met 150.
M. Visagie met 151.
C Afdeling :
T.Steenekamp met 31 punte baie geluk.
A.Smit met 29 punte.
Dames :
K.Hardy met 30 punte baie geluk.
M. Anderson met 27 punte.
Baie dankie aan elke speler wat deelgeneem het.
Ons waardeer die ondersteuning.
Monthly Medal 16 April
Dankie vir elke speler wat kom speel het in die monthly medal :
Die wenners was soos volg op die dag.
D. Tobias met 67 baie geluk en well played.
H. Swart met 67.
K. Tollig met 69.
C. Jansen met 69.
Dan wil ons julle ook laat weet dat die baan ʼn nuwe trekker gekry het asook ʼn spuit. Dit gaan die baan baie help, die Fiat trekker is nou ons Oupa en doen al die ligter werk.
Die greens gaan die 9de Mei “ge-hollow tine” word en die baan gaan toe wees tot die 18/20 Mei.
Baie dankie vir almal se ondersteuning.
Sterkte vir almal se week.
Groete,
Bestuur.