Nuusbrief / Newsletter
Geagte lid.
Die jaar het af geskop met ‘n “bang” soos hulle sê. Ons moes ons spanne bietjie verander en aanpas met Werner wat weg is. Ons wil vir al ons personeel baie dankie sê vir dit wat hulle doen, vermag en die harde werk wat hulle insit op ‘n daaglikse basis. Die baan is in ‘n baie goeie toestand. Dankie ook aan Oom Gert wat vir ons raad gee en help waar hulle kan.
Kaptein vs Kaptein
Ons eerste klub dag was gehou op die 25ste Januarie. Die twee Kapteine het teen mekaar gespeel. Die dag was baie lekker gewees. Northmec Case en John Deere was die borge vir die dag.
Die John Deere span wat gelei was deur ons Dames Kaptein het die dag op ‘n uit tel gewen.
Baie geluk Liza. ‘n Hartlike dankie aan al die lede wat die dag betrokke was.
ICM
Ons het op die 1 ste Februarie ons ICM dag gespeel op Hermanus. Die weer was perfek op die dag en almal het dit baie geniet. Bredasdorp het die dag weer gewen met n paar punte waarmee ons voorloop en ons ‘n goeie kans gee om die beker vir die 3de agtereenvolgende jaar te wen.
Baie dankie aan elke speler wat daar was. Kom ons doen dieselfde wanneer Hermanus by ons kom speel.
Geelstert Classic
Die aand voor die Geelstert Classic het ons ‘n lekker Geelstert braai gehou, almal wat daar was het dit ongelooflik baie geniet. Ons sal weer so aand beplan en ook ‘n woord van dank aan almal wat gehelp het met die braai, die kombuis staf asook almal wat help reël het aan die aand.
Ons het ons Geelstert Classic gehou op die 29 ste Februarie op die skrikkel dag. Weereens was dit n baie lekker dag gewees met ‘n wind wat die manne en dames so ‘n bietjie gepla het maar nie te min het die spelers baie goeie punte gemaak. Die spelers het met groot pryse weg gestap en ons wil vir al ons borge op die dag baie dankie sê vir hulle bydrae.
Die borge vir die dag was:
Mari Verwey, Arniston Hotel, Soetmuisberg, Table Café, Just Property Struisbaai,
Explorio, Bredasdorp Square, Wimpy Bredasdorp, Overberg Appliances, HPM, Pro shop, Kobus Tollig Photography, Johan De Kock
BREDASDORP
Gholf Klub / Golf Club
Ons gaan voortbou op die sukses van die dag vir volgende jaar en wil die dag een van ons bekende dae maak. Baie dankie vir almal wat die dag saam met ons geniet het.
Covid 19
Soos wat almal gehoor het gaan ons van Donderdag aand 12uur op “Lock down” wees.
Wees asb versigtig en pas julle self op.
Ons kon dit reg kry om te reel dat Gollie en 2 van sy manne kan aan gaan met die baan se onderhoud. Ons wil verseker dat wanneer die stof gaan lê het en ons almal weer die “ game ‘’ kan speel waarvoor ons lief is, die baan steeds in die goeie kondisie is soos ons dit tans sien en weer kan op tel waar ons gestop het.
Met die forseerde sluit van die baan verloor ons egter inkomste wat bydrae tot die betaling van ons daaglikse omkostes. Dus wil die bestuur die volgende voorstel:
Lede kan nou al ‘n R 500 van hulle 2020/2021 lidmaatskap betaal sodat daar voorsiening gemaak kan word vir die verlies van inkomste. Die lidmaatskap fooie vir 2020/2021 is nog nie bepaal nie en sal op ‘n ander aangeleentheid deur gegee word aan alle lede. Die R 500 sal dan afgetrek word van die lidmaatskap fooi vir 2020/2021 waarvan die uistaande bedrag dan betaalbaar sal wees sodra die nuwe fooie bekend gemaak word.
Dit is vir almal ‘n baie onseker tyd maar ons glo dit is die beste manier om die klub deur die volgende 21 dae te kry.
Ons wil versoek dat elke lid hulself en hul gesin in die tyd sal oppas en veilig sal wees.
Ons bid en vertrou dat ons mekaar na die 21 dae sal sien en almal perdfris en gesond sal wees.
Groete,
Bestuur.
