Van Loveren Strande Gholfdag 23 Des 2024
Bredasdorp golf club Jaarlikse “Van Loveren” Strande Gholfdag⛳
23 Des 2023
4BBB
R350 per speler, sluit halfweg en prysuitdeling in.
Struisbaai, Bredasdorp, Arniston en Agulhas ding mee teen mekaar.
Ons sien vreeslik uit na hierdie dag.
Skakel gerus die klub vir u besprekings.
📞028 424 185
Goodwin Gholfdag 28 Sept 2024
GOODWIN GHOLFDAG 28 SEPTEMBER 2024 @ Bredasdorp golf club
Bredasdorp Gholfklub bied op Saterdag 28 September 2024 weer sy jaarlikse GOODWIN Gholftoernooi aan. Aangesien u ons in die verlede tydens hierdie geleentheid ondersteun het wil ons graag aan u die geleentheid bied om weer ‘n span van vier spelers in te skryf.
Die formaat van die kompetisie is ‘n Gekombineerde Stableford, Split Pare (voeg al 4 Enkel tellings by) vir spanne van 4 spelers. Twee per span speel saam met die ander twee spanlede direk daarna. Die totaal van die 4 spanlede sal aan die einde van die dag geakumuleer word om die span se telling te bepaal. Slegs spelers met ‘n amptelike voorgee mag deelneem. Maximum voorgee van 24.
Die totaal van elke span word bereken. Die span met die beste netto telling wen die gesogte GOODWIN BEKER en die span met die beste bruto telling wen die GERT ALBERTYN TROFEE. Benewens die beker en trofee gaan vele span en penpryse op die spel wees.
Die inskrywingsgeld is R 2000.00 per span en sluit in, ligte middagete en die prysuitdelingsfunksie en aandete.
Aangesien ons slegs beperkte plek beskikbaar het is dit belangrik dat u so spoedig moontlik sal inskryf. Bewys van betaling moet u inskrywing vergesel en per e-pos, na die bogemelde kontakbesonderhede gestuur word.
Ons sien daarna uit om u, soos in die verlede te ontvang en aan u ‘n besonderse gholfervaring te bied.
Kontak gerus Elmarie 028 424 1855
BGK⛳
Stigtingsdag Uitslae 27 Julie 2024


Stigtingsdag 105de te Bredasdorp 27 Julie 2024
Bredasdorp golf club Stigtingsdag Gholfdag 27 Julie 2024 te Bredasdorp ⛳
Kontak asb die Proshop vir u besprekings.
☎️028 424 1855
PA & KIND GHOLFDAG 20 JAN 2024
Doel van die dag
Om ‘n lekker te beleef saam met die mense waarvoor ons omgee en nuwe vriendskappe te smee.
Wie Kwalifiseer om te speel?
Enige van die volgende kombinasies:
· Pa en seun/skoonseun
· Pa en dogter/skoondogter
· Ma en seun/skoonseun
· Ma en dogter/skoondogter
· Oupa en kleinseun/kleindogter
· Ouma en kleinseun/kleindogter
Formaat: Beter Bal Stableford
Fooi: R250 p/p
o Halfweghuis snack en koeldrank
o Steak ete na die spel
* Afslaantye is vanaf 11h30 tot 13h00.
Daar is dus beperkte afslaantye beskikbaar, bespreek dus vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Pryse en Voorgee
• Almal is welkom om te kom speel, maar slegs spelers met ‘n amptelike voorgee sal in aanmerking kom vir pryse. Om in aanmerking te kom vir jou prys moet jy die prysuitdeling bywoon
• Persone met ‘n amptelike voorgee speel vanaf 85% van die voorgee Beter Bal Stableford vir ouderdom 17+
• Kinders o/17 sonder voorgee speel saam met hul Pa’s preferred drive
• Pa’s sonder voorgee speel op die laagste van jou vorige amptelike voorgee of 16
• Kinders sonder voorgee speel vanaf 24
Besprekings:
Kontak asseblief vir Elmarie by die klub om besprekings te doen.
Dames Gholfdag – 3 Feb 2024
Geagte Gholfers
Bredasdorp Gholfklub bied ons Jaarlikse Dames Gholfdag 🏌🏼♀aan 3 Feb 2024.
Kontak gerus die klub om u besprekings te maak vir hierdie Feestelike Gholfdag.
☎*028 424 1855
*Epos: info@bredasdorpgolfclub.co.za
Gholf Groete
Bredasdorp Gholfklub
Bredasdorp Gholfklub Nuusbrief 2/2023
Bredasdorp Gholfklub – Nuusbrief 2/2023
Inleiding
Die Nuusbrief gaan maandeliks verskyn met nuus en inligting van die Klub. Lede word genooi om enige bydraes sowel as foto’s vir Elmarie te stuur. Julle kan gerus bydraes na Elmarie stuur.
Gradering van die Baan
Die baan is op 15 Oktober 2023 weer deur die SAGU gegradeer. Die geel bowwe se gradering het weining verander, maar die blou bowwe vir mans se gradering is heelwat laer. Die detail van hierdie veranderings is op die kennisgewing bord beskikbaar.
Vloed
Julle is almal bewus van die vloedskade wat die baan gekry het tydens die oormatige reën. Tydens die Algemene Jaarvergadering is daar besluit om ‘n heffing in te stel om fondse te in om die skade wat die vloed veroorsaak het te kan herstel. Die fonds staan reeds op R13 000 en die Bestuur bedank graag al die lede wat meer as die heffing bygedra het asook die lede wat reeds die heffing betaal het.
Die Bestuur wil graag vir Gollie en sy span bedank vir hul harde werk in hierdie tyd om die baan weer in ‘n baie goeie toestand te kry.
Setperk Snyer
Die Klub het ‘n tweedehandse Setperk Snyer gekoop en daar kan reeds ‘n verbetering in die oppervlakte van die setperke gesien word.
Syfer 3 baan
Om gholf meer toeganlik te maak en sodoende meer spelers op die baan te kry is daar ‘n nege gaatjie syfer 3 baan uitgemerk.
Die Bestuur is baie opgewonde oor die baan en die Bestuur is oortuig dat hierdie fasiliteit
die spel sal bekend stel aan heelwat nuwe en jong spelers.
Die baan open amptelik op 24 November 2023, kontak asseblief vroegtydig vir Elmarie om ‘n afslaantyd te bespreek.
ICM Beker
Bredasdorp en Hermanus ding die afgelope 55 jaar mee om die ICM beker, tuis in November en weg in Februarie. Die afgelope Saterdag was die tweede been van die jaar se kompetisie en is hier op Bredasdorp gespeel.
Baie geluk aan Hermanus wat die beker die jaar gewen het.
Nuwe Lede
Die Klub wil graag die volgende nuwe lede welkom heet:
Cheryl Thomas, Marius du Bois, Dawie Albertyn, Eddie Philander, Angelo Karmis, Tiaan Scheepers.
Gelukkig trekking
Daar gaan vanaf 18 November 2023 elke Saterdag, tydens ‘n Klub kompetisies, direk na die prysuitdeling ‘n gelukkig trekking gehou word. Die reëls van die trekking sal op die kennisgewing bord verskyn.
Kalender
Goodwin Dag word aangebied op 2 Desember 2023, daar is nog beperkte plekke beskikbaar kontak asseblief vir Elmarie om te bespreek.
Die program vir die volgende 3 maande is hierby aangeheg.
Borge
PAR 3 BAAN OPENING
Geagte Lede⛳
Dit is met groot trots en opgewondenheid dat ons bekendstel aan u, Bredasdorp Gholfklub PAR 3 Baan!
Reeds opgemerk en lewendig op die Handicap System maar bekendstelling PAR 3 Baan vind plaas:
Datum: 24 Nov 2023
Tyd: 15.00
Fooi: R130 per speler
(extra ete kaartjies @ R70 p/p kan bespreek word)
Kontak gerus die Proshop vir u besprekings
☎ 028 424 1855









