Bredasdorp Gholfklub – Nuusbrief 2/2023

 

Inleiding

Die Nuusbrief gaan maandeliks verskyn met nuus en inligting van die Klub. Lede word genooi om enige bydraes sowel as foto’s vir Elmarie te stuur. Julle kan gerus bydraes na Elmarie stuur.

Gradering van die Baan

Die baan is op 15 Oktober 2023 weer deur die SAGU gegradeer. Die geel bowwe se gradering het weining verander, maar die blou bowwe vir mans se gradering is heelwat laer. Die detail van hierdie veranderings is op die kennisgewing bord beskikbaar.

Vloed

Julle is almal bewus van die vloedskade wat die baan gekry het tydens die oormatige reën. Tydens die Algemene Jaarvergadering is daar besluit om ‘n heffing in te stel om fondse te in om die skade wat die vloed veroorsaak het te kan herstel. Die fonds staan reeds op R13 000  en die Bestuur bedank graag al die lede wat meer as die heffing bygedra het asook die lede wat reeds die heffing betaal het.

Die Bestuur wil graag vir Gollie en sy span bedank vir hul harde werk in hierdie tyd om die baan weer in ‘n baie goeie toestand te kry.

Setperk Snyer

Die Klub het ‘n tweedehandse Setperk Snyer gekoop en daar kan reeds ‘n verbetering in die oppervlakte van die setperke gesien word.

Syfer 3 baan

Om gholf meer toeganlik te maak en sodoende meer spelers op die baan te kry is daar ‘n nege gaatjie syfer 3 baan uitgemerk.

Die Bestuur is baie opgewonde oor die baan en die Bestuur is oortuig dat hierdie fasiliteit

 

die spel sal bekend stel aan heelwat nuwe en jong spelers.

Die baan open amptelik op 24 November 2023, kontak asseblief vroegtydig vir Elmarie om ‘n afslaantyd te bespreek.

ICM Beker

Bredasdorp en Hermanus ding die afgelope 55 jaar mee om die ICM beker, tuis in November en weg in Februarie. Die afgelope Saterdag was die tweede been van die jaar se kompetisie en is hier op Bredasdorp gespeel.

Baie geluk aan Hermanus wat die beker die jaar gewen het.

Nuwe Lede

Die Klub wil graag die volgende nuwe lede welkom heet:

Cheryl Thomas, Marius du Bois, Dawie Albertyn, Eddie Philander, Angelo Karmis, Tiaan Scheepers.

Gelukkig trekking

Daar gaan vanaf 18 November 2023 elke Saterdag, tydens ‘n Klub kompetisies, direk na die prysuitdeling  ‘n gelukkig trekking gehou word. Die reëls van die trekking sal op die kennisgewing bord verskyn.

Kalender

Goodwin Dag word aangebied op 2 Desember 2023, daar is nog beperkte plekke beskikbaar kontak asseblief vir Elmarie om te bespreek.

Die program vir die volgende 3 maande is hierby aangeheg.

 

Borge