Strande Dag – 27 Des 2023
Bredasdorp Gholfkub Jaarlikse Strande Gholfdag⛳
27 Des 2023
4BBB
R350 per speler, sluit halfweg en prysuitdeling in
Struisbaai, Bredasdorp, Arniston en Agulhas ding mee teen mekaar.
Ons sien vreeslik uit na hierdie dag.
Skakel gerus die klub vir u besprekings.
📞028 424 185
ICM Beker 4 Nov 2023
Bredasdorp Gholfklub – Nuusbrief 1/2023
17 Oktober 2023
Bredasdorp Gholfklub – Nuusbrief 1/2023
Geagte lede,
Die doel van hierdie nuusbrief is om julle terugvoering te gee rakende die besluite wat by die Algemene Jaarvergadering geneem is op 11 Oktober 2023.
Vloedfonds
Soos julle almal bewus is het die Klub baie direkte en indirekte skade gelei tydens die vloede van die afgelope tyd. Hier dink ons aan herstelwerk aan die baan, infrastruktuur en die verlies aan speelfooie terwyl die baan gesluit was.
Daar is besluit om ‘n eenmalige heffing op ledegeld van R100 per lid in te hef om ‘n gedeelte van die bogenoemde verliese te kan befonds. Indien enige lid nie hierdie heffing kan betaal nie kontak my asseblief sodat dit bespreek kan word en ‘n oplossing gevind kan word. In dieselfde asem wil die Bestuur graag ‘n beroep op lede doen wat meer wil bydra tot die fonds, in geld of in dienste, om my te kontak.
Baie dankie aan die lede wat reeds ‘n bydrae gemaak het, dit word waardeer.
Ledegeld
Daar is besluit om die ledegeld vir 2023/24 nie te verhoog nie en dit word uit een gesit in onderstaande tabel:
Die Bestuur doen ‘n beroep op lede wat nog nie hul ledegeld betaal het nie om dit so spoedig moontlik te betaal. Die Klub het verpligtinge teenoor Boland Gholfunie en die Voorgee stelsel wat betaal moet word.
Speelfooie
Tydens die vergadering is daar besluit om die ledegeld minimaal te verhoog, die nuwe speelfooie kan gesien word in onderstaande tabel:
Dit is van groot belang dat daarop gelet moet word dat indien ‘n speler nie lid is by die Klub nie dat hy/sy speelfooie as geaffilleerde lid of nie geaffilleerde lid sal betaal. Ongelukkig kan daar geen uitsonderings hierop gemaak word nie.
Komitee
Die Bestuur wat verkies is om die Klub in 2023/4 te lei is:
Posisie Naam
President Johan de Kock
Kaptein Louw Coetzer
Onder Kaptein Vittori Greeff
Tesourie Waldo Strydom
Vroue Kaptein Liza van der Westhuizen
Addisionele lede JD Terreblanche, Paul Valentine en Jannie Engelbrecht
Borge
Die Bestuur van die Klub wil graag die borge bedank en ons wil graag ‘n die lede versoek om die borge te ondersteun.
Hieronder is die logo’s van die borge wat die Klub met meer as R5 000 per jaar ondersteun.
Indien julle enige vrae of voorstelle het is julle welkom om my te kontak.
Vriendelike groete
Louw Coetzer
Klub Kaptein
Bredasdorp Gholfklub
082 388 0045
Daneelbeker 16 September
Bredasdorp Gholfklub was die gasheer met die jaar se Daneelbeker 16 September 2023.
Die kompetisie word jaarliks gehou tussen die 6 klubs wat deel in hierdie toernooi en word oor 36 putjies houespel gespeel.
Baie geluk aan Bredasdorp Gholfklub met hul puik spel vir die dag wat gevolglik die wenners is van die Daneelbeker sowel as die Mooiuitsigbeker.
Uitslae soos volg van die toernooi:
WENNERS
Daneelbeker:
Bredasdorp met 632 houeMooiuitsitbeker:
Bredasdorp met 615 houeBeste Gholfer Bruto telling:
Garnet Damans met 153 hou van Riversdal
Span van 6 spelers, 4 beste tellings
DaneelBeker
Dorp Bruto Telling 36 gate
1. Bredasdorp 632
2. Riversdal 645
3. Heidelberg 674
4. Riviersonderend 681
5. Swellendam 691
Mooiuitsig Beker
Dorp Netto Telling 36 gate
1. Bredasdorp 615
2. Riversdal 621
3. Swellendam 627
4. Riviersonderend 639
5. Heidelberg 670
Beste Bruto Telling oor 36 gate van die dag
Garnet Damans 153 houe
Baie geluk aan al die wenners en wat deelgeneem het in hierdie dag.
Span Kaptein: John Moos
Spanlede:
Clinton Jansen
Jannie Engelbrecht
Gary-Lee Gabriels
Gollie Arendse
Danwil Tobias
Hiermee wil ons ook vir PSG Insure hartlik bedank vir hul borgskap aan die span vir hul pette en hemde. Dit word opreg waardeer.
Volgende jaar 2024 deel ons mee teen die dorpe te Riviersonderend 7 September 2024. Mag die beste span wen.
#daneelbeker #bredasdorpgolfclub
BOERE VS DORP 2023
Bredasdorp Gholfdag Boere teen Dorp
Chas Everitt Kaap Agulhas het Saterdag, 9 September 2023, die Boere teen Dorp Gholfdag op Bredasdorp geborg. Goeie vriendskap is opsy geskuif terwyl die spelers ernstig gekompeteer het. In 1968 het Suidhoek Verspreiders die beker geskenk vir die Gholf kompetisie tussen Boere en Dorp en altesaam is daar nou reeds 42 keer meegeding in hierdie gewilde kompetisie.
Die baan was vol met 80 spelers wat na ‘n lekker langtafel ontbyt met ‘n kanon afslaan die dag begin het. Dit was mooi weer met ‘n paar wolke vroeg oggend.
So lyk die telbord na die laaste 42 jaar!
Dorp – 28 keer gewen; Boere – 13 keer gewen; Gelykop – 1 keer (1971)
Dorp wen hierdie jaar met 17 punte!
1ste plek – Marius Swart en Kobus Groenewald 48 punte
2de plek – Jaco Bezuidenhout en Kevin Kitchin met 45 punte
3de plek – Ben Smit en Willie de Klerk met 45 punte
4de plek – Eben van Lill en Mendal Lakey met 44 punte
Nie amptelik
1ste plek – Dawie Albertyn en J van Niekerk met 45 punte
2de plek – Johan du Toit en Andre Purdy met 45 punte
Fantastiese spangees het geheers onder al die deelnemers, daar was wel n “nat gat” asook ‘n bietjie boeretroos wat met ‘n kannetjie omgegaan het.
Die dag is begin met ‘n heerlike langtafel ontbyt en danksegging aan ons Vader wat alles onderhou. Dit was ‘n gesellige dag en ‘n besondere geleentheid waartydens spelers en vriende die geleentheid gehad het om een van die beste gholfbane in die Overberg te geniet.
En op ‘n baie hoë noot is die dag afgesluit met n heerlike ete met afloop van die prysuitdeling en natuurlik feesvieringe.
Baie dankie aan al die deelnemers vir jul uitstekende sportman gees, asook vir al die besoekers en ondersteuners.
Die aangehegde foto het Strepies van Wyk, Kobus Groenewald, Marius Swart en JD Jordaan. (Foto 82) en (Foto 85) is Marius Swart, D’Neil Miskey, Philip Kruger, Johan du Toit (Marius en Johan gee nou die leisels oor aan D’Neil en Philip as kaptein van die Dorp en die Boere.
Ons sien uit na komende jaar 2024, se Gholfdag.
Bredasdorp Open & Junior Championship 8 October 2023
Entries for the Bredasdorp Open and Junior Championship are open! ⛳
Enter online at www.bolandgolf.co.za
Bredasdorp Open
Format: 36-holes Stroke Play
Tee-off Time: from 7:30 (one-tee start)
Entry Fee: R320.00 per player
Bredasdorp Junior Championship
Format: 18-holes Stroke Play
Tee-off Time: from 11:10 (one-tee start)
Entry Fee: R100.00 per player
Tournament Overview:
Venue: Bredasdorp Golf Club
Date: Sunday, 8 October 2023
Entries are open to male or female-affiliated golfers (refer to the terms of the competition)
Entry Closing Date: Tuesday, 3 October 2023 at 12h00
NB: The Bredasdorp Open & the Bredasdorp Junior Championship are two separate tournaments; a player can only participate in one tournament. Please ensure you enter the correct tournament.
Goodwin Gholfdag 30 Sept 2023
GOODWIN GHOLFDAG 30 SEPTEMBER 2023
Bredasdorp Gholfklub bied op Saterdag 30 September 2023 weer sy jaarlikse GOODWIN Gholftoernooi aan.
Aangesien u ons in die verlede tydens hierdie geleentheid ondersteun het wil ons graag aan u die geleentheid bied om weer ‘n span van vier spelers in te skryf.
Die formaat van die kompetisie is ‘n Gekombineerde Stableford, Split Pare
(voeg al 4 Enkel tellings by) vir spanne van 4 spelers.
Twee per span speel saam met die ander twee spanlede direk daarna.
Die totaal van die 4 spanlede sal aan die einde van die dag geakumuleer word om die span se telling te bepaal. Slegs spelers met ‘n amptelike voorgee mag deelneem.
Die totaal van elke span word bereken.
Die span met die beste netto telling wen die gesogte GOODWIN BEKER en die span met die beste bruto telling wen die GERT ALBERTYN TROFEE.
Benewens die beker en trofee gaan vele span en pen pryse op die spel wees.
Die inskrywingsgeld is R 2000.00 per span en sluit in watergate, ontbyttafel, halfweg ete en die prysuitdelingsfunksie en aandete.
Aangesien ons slegs beperkte plek beskikaar het is dit belangrik dat u so spoedig moontlik sal inskryf.
Bewys van betaling moet u inskrywing vergesel en per e-pos, na die kontakbesonderhede gestuur word.
Ons sien daarna uit om u, soos in die verlede te ontvang en aan u ‘n besonderse gholf ervaring te bied.










