Bredasdorp Gholfklub en Hermanus Gholfklub het Saterdag 4 November 2023 vir die die 55 ste jaar meegeding vir die gesogte ICM Beker.
Dit was n heerlike dag met 52 spelers en n goeie sportmanskap het geheers tussen die spelers.
Elke jaar Februarie ding ons mee teen mekaar te Hermanus en in November te Bredasdorp Gholfklub.
Hermanus het die beker die jaar gewen en ons vertrou dat ons volgende jaar hierdie trofee kan terug wen.
Hiermee die dag se uitslae:
1ste Beterbal Giel Hugo & Nico Louw met 44 punte
2de Beterbal Gollie Arendse & Ronald Jansen met 44 punte
3de Beterbal Oubaas & Gavin Hopley met 43 punte
Naaste aan Pen 2 Stefan vd Westhuizen
Naaste aan Pen 6 Metcalf Fick
ICM Beker 1ste Rondte: Feb-23
Hermanus 523
Bredasdorp 443
ICM Beker 2de Rondte: Nov-23
Hermanus 482
Bredasdorp 492
WENNER vir 2023 Hermanus Gholfklub
Foto: Hermanus Gholfklub Kaptein Mnr Johan Koekemoer (links) en Bredasdorp Gholfklub Kaptein Mnr Louw Coetzer (regs)


