17 Oktober 2023
Bredasdorp Gholfklub – Nuusbrief 1/2023
Geagte lede,

Die doel van hierdie nuusbrief is om julle terugvoering te gee rakende die besluite wat by die Algemene Jaarvergadering geneem is op 11 Oktober 2023.

Vloedfonds
Soos julle almal bewus is het die Klub baie direkte en indirekte skade gelei tydens die vloede van die afgelope tyd. Hier dink ons aan herstelwerk aan die baan, infrastruktuur en die verlies aan speelfooie terwyl die baan gesluit was.

Daar is besluit om ‘n eenmalige heffing op ledegeld van R100 per lid in te hef om ‘n gedeelte van die bogenoemde verliese te kan befonds. Indien enige lid nie hierdie heffing kan betaal nie kontak my asseblief sodat dit bespreek kan word en ‘n oplossing gevind kan word. In dieselfde asem wil die Bestuur graag ‘n beroep op lede doen wat meer wil bydra tot die fonds, in geld of in dienste, om my te kontak.

Baie dankie aan die lede wat reeds ‘n bydrae gemaak het, dit word waardeer.

Ledegeld
Daar is besluit om die ledegeld vir 2023/24 nie te verhoog nie en dit word uit een gesit in onderstaande tabel:

Die Bestuur doen ‘n beroep op lede wat nog nie hul ledegeld betaal het nie om dit so spoedig moontlik te betaal. Die Klub het verpligtinge teenoor Boland Gholfunie en die Voorgee stelsel wat betaal moet word.

Speelfooie
Tydens die vergadering is daar besluit om die ledegeld minimaal te verhoog, die nuwe speelfooie kan gesien word in onderstaande tabel:

Dit is van groot belang dat daarop gelet moet word dat indien ‘n speler nie lid is by die Klub nie dat hy/sy speelfooie as geaffilleerde lid of nie geaffilleerde lid sal betaal. Ongelukkig kan daar geen uitsonderings hierop gemaak word nie.

Komitee
Die Bestuur wat verkies is om die Klub in 2023/4 te lei is:

Posisie Naam
President Johan de Kock
Kaptein Louw Coetzer
Onder Kaptein Vittori Greeff
Tesourie Waldo Strydom
Vroue Kaptein Liza van der Westhuizen
Addisionele lede JD Terreblanche, Paul Valentine en Jannie Engelbrecht

Borge
Die Bestuur van die Klub wil graag die borge bedank en ons wil graag ‘n die lede versoek om die borge te ondersteun.

Hieronder is die logo’s van die borge wat die Klub met meer as R5 000 per jaar ondersteun.

Indien julle enige vrae of voorstelle het is julle welkom om my te kontak.

Vriendelike groete

Louw Coetzer
Klub Kaptein
Bredasdorp Gholfklub
082 388 0045