Doel van die dag
Om ‘n lekker te beleef saam met die mense waarvoor ons omgee en nuwe vriendskappe te smee.
Wie Kwalifiseer om te speel?
Enige van die volgende kombinasies:
· Pa en seun/skoonseun
· Pa en dogter/skoondogter
· Ma en seun/skoonseun
· Ma en dogter/skoondogter
· Oupa en kleinseun/kleindogter
· Ouma en kleinseun/kleindogter
Formaat: Beter Bal Stableford
Fooi: R250 p/p
o Halfweghuis snack en koeldrank
o Steak ete na die spel
* Afslaantye is vanaf 11h30 tot 13h00.
Daar is dus beperkte afslaantye beskikbaar, bespreek dus vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Pryse en Voorgee
• Almal is welkom om te kom speel, maar slegs spelers met ‘n amptelike voorgee sal in aanmerking kom vir pryse. Om in aanmerking te kom vir jou prys moet jy die prysuitdeling bywoon
• Persone met ‘n amptelike voorgee speel vanaf 85% van die voorgee Beter Bal Stableford vir ouderdom 17+
• Kinders o/17 sonder voorgee speel saam met hul Pa’s preferred drive
• Pa’s sonder voorgee speel op die laagste van jou vorige amptelike voorgee of 16
• Kinders sonder voorgee speel vanaf 24
Besprekings:
Kontak asseblief vir Elmarie by die klub om besprekings te doen.