October 2018 – Newsletter

Spring is in the air / Lente is sekerlik van die lekkerste tyd van die jaar.

One does not have to travel anywhere else but the Overberg to see the fantastic kaleidoscope of colour provided by the vygies, canola and wheat fields. I cannot wait to see what our golf course is going to look like next year with all the flowers that Megan is so diligently planting all over the course. (More about that later)

September and October are two very busy months for the club and it has been fantastic to see the support that the club has enjoyed from both members and visitors over this time.
Groot baie dankie aan Marius en Johan wat al die reëlings getref het vir die Boere teen die Dorp kompetisie. Die veld was gelykvol met 72 spelers en nog n paar op die waglys. Die dorp het hierdie jaar geseëvier met 720 punte teen 701. Die boere het weggehardloop met die “gees” prys vir hul pragtig geborgde pette. Die kanon afslaan het goed gewerk en omdat almal gelyk klaargemaak het, het die kroeg en prysuitdeling “gegons”

Ons staatmaker, Paul en Mark het n baie suksesvolle liefdadigheids dag gereël vir die Wiggel en Waggel Kleuterskool en dit was verblywind om die ondersteuning vir so n goeie doel te sien.
Goodwin dag, vir die afgelope 51 jaar een van die klub se prestige gholf dae, was weereens ‟n groot sukses. Oom Harry se, beste ooit! Geluk en baie dankie aan Werner en sy span, Mark, Charmain, Chereleen, Johanna en hul helpers. Dan aan die komitee, dankie aan JD, Rowan en almal wat gehelp het. Vir die tweede jaar in ‟n ry het Mendal se Lakey Bouers Span met die Goodwin Beker weggestap. Baie geluk ook aan Aniston Hotel wat die Gert Albertyn Trofee gewen het.

Education Connection het verlede naweek n baie suksesvolle gholf dag aangebied om hul liefdadigheids organisasie bekend te stel. Hierdie dag was so suksesvol dat hulle volgende jaar weer op die kalender sal wees.

There is a lot happening in and around the club that members must be aware of. The Saturday morning parkrun and the breakfast that Mark serves afterwards is becoming legend. The lowest number of participants of the parkrun has been 55 on a cold and wet Saturday morning. The average is well into the 100‟s

The cart paths around the club house have been completed thank to help and advice from Mendal. It is always reassuring to know that we can depend on the experience of our senior members. (Jy is nog nie so oud nie Mendal maar vir my is jy ’n senior lid!)
We are trying our best to make sure that the clubhouse is neat, tidy and uncluttered. We therefore request that golfers PLEASE NOT take their GOLF BAGS AND CARTS INTO THE CLUBHOUSE. We built the paths to make it easier to take your clubs back to your car after your round.
Die paadjies om die klubhuis lyk baie netjies en maak toegang tot die baan baie makliker. Ons probeer om die klubhuis so netjies en skoon as moontlik te hou en doen ‟n ernstige beroep op all lede en golfers om GROOT ASSEBLIEF NIE GHOLF KARRETJIES EN SAKKE IN DIE KLUBHUIS in te bring nie. Ons het die paadjies gebou om dit makliker te maak om u gholf stokke na u voertuig te neem na u rondte.

Gholf Karretjies

After much deliberation, the committee has decided to acquire its own fleet of golf carts. The success of a club depends on the experience that it offers to members and visitors and an important part of the experience is the overall satisfaction that one feels with the amenities on offer. Golf carts have become an essential part of the golf experience and therefore we have to satisfy that need.
Na vele bespreking en kopkrap het die komitee besluit om 6 nuwe gholf karretjies te bekom. Hierdie karretjies word befonds deur ‟n langtermyn huurkoop kontrak waarna die karretjies die eiendom van die klub sal word. Die konserwatiewe beraming is dat die klub ten minste R 40,000 per jaar uit hierdie bron kan maak.

Events to look forward to / Gebeure om na uit te sien

Special meeting is to be held on Wednesday the 31st October at 18:00 to ratify the updated constitution. A sub-committee was set up after the last annual general meeting to update the constitution of the Bredasdorp Golf Club. This process has now been completed and the constitution needs to be ratified by the members at this special meeting.
Jan-William het vir ons twee sprekers gereël vir ‟n “besigheids ete” aanbieding by die klub vir Vrydag die 26ste Oktober. Die sprekers sal ‟n oorsig gee oor beleggings in die eiendoms mark

en die groter Suid-Afrikaanse arena. Hierdie funksies is baie insiggewend en is die moeite werd vir enigeen wat belang stel in die ekonomie. Bespreek asseblief by Charmaine 028 424 1855.
Megan Anderson has been doing a fantastic job planting indigenous plants and flowers on the course and the time has now arrived for all of us to get involved and help.
Ons het donasies ontvang van oor die honderd aalwyne wat ons langs die Waenhuiskrans pad wil plant. Om bietjie gees te bou en sommer net om n lekker dag by die klub te spandeer gaan ons op Vrydag die 2de November „n plant dag hou. Ons nooi almal om te kom help op die baan en dan gaan ons daarna ‟n lekker tradisionele braai by die klubhuis hou. Kom geniet die dag saam met ons.
Die “Lucky Draw” met R 1,000 in die boerpot gaan ook op Vrydagaand die 2de November wees.
The 50th ICM at Bredasdorp — This is a wonderful tournament that is played annually on a home and away basis against Hermanus. On Saturday the 3rd November the Hermanus team will travel to Bredasdorp for the second leg of this year‟s competition.
Hermanus het nog altyd hierdie toernooi oorheers en die laaste keer wat Bredasdorp die Trofee gewen het, was in 2010. Bredasdorp het in die verlede nog net een keer die Hermanus been van die toernooi gewen, dit is tot 2018 !!!. Die Bredasdorper‟s het in Februarie op Hermanus met 660 punte tenoor 645 geseëvier. Kom ons kyk of ons nie op ons tuis baan ‟n slag hierdie gesogte Trofee kan huis toe bring nie.
In Desember het ons die Round Table/Moov dag op die 1ste en die Kersfees kompetisie op die 8ste.

Baan Verslag deur Werner

Die setperke is onlangs ge-hollowtine, hierdie praktyd word gewoonlik in die groeiseisoene gedoen. Die rede vir hierdie oefening is om die kompaksie van die grond te verbeter en om lug en water beter na die wortels te laat beweeg. Dit help dat die plant die voedingstowwe beter opneem end dus die plant te versterk vir die stres wat dit die somer gaan verduur.
Daar is tans „n paar projekte aan die gang om die baan te verbeter met die seisoen op hande. Die nuwe bof op agtien is tans in wording met die gras wat die komende week geplant gaan word. Dit sal vroeg Desember in spel wees en gaan die laaste putjie „n ander dimense gee. Regs van sewe is „n “waste bunker” aangebring en behoort die gat meer tande te gee.

Jong gholfspeler verteenwoordig Bredasdorp Gholfklub by Sun City

Hierdie was omtrent „n week in hierdie jongman se lewe wat nooit vergeet sal word nie. Francois Wasserman graad 11 leerling by Bredasdorp Hoërskool het die afgelope week Bredasdorp Gholfklub verteenwoordig by die jaarlikse Sanlam Kanker Uitdaag Toernooi wat van 8-10 Oktober by Sun City plaasgevind het. Dit is enige amateur golfers‟ se droom om op die bekende Gary Player baan mee te ding teen gholfspelers van regoor die land.
Om sy voete op die groen gras van Sun City te kon sit was beslis „n prestasie waar op hy baie trots kan wees. Vir Francois om sy vliegtuig kaartjie te kon bespreek moes hy eers die plaaslike kwalifisering rondte by Bredasdorp Gholfklub en daarna die streek finaal by Langebaan Gholfklub wen. As algehele wenner van Afdeling A verteenwoordig hy Boland by die toernooi wat oor twee dae beslis word. Francois eindig in „n skaflike 9de plek en het beslis drome aangewakker om eendag saam met die professionele golfers‟ in die jaarlikse Nedbank Gholftoernooi wat einde November plaasvind skouers te skuur.
Asof hierdie nog nie spoggerig genoeg was het Francois die Saterdag ter voor bereiding sommer „n albatros aangeteken by Bredasdorp Gholfklub. Dit is „n prestasie wat min golfers toekom wat al jare lank hul stokke swaai. Vir die gene wat nie weet dit is twee houe op „n syfer vyf putjie. Hierdie twee prag houe is op die sewende putjie behaal wat die langste putjie is met „n stewige 479 meter. Ons as Klub is sowaar trots op Francois en ons junior golfers‟ en mag hulle ander aanspoor om hierdie wonderlike sport te beoefen.

Die baan is in puik kondisie kom geniet en ondersteun gerus u klub

August 2018 – Newsletter

Judging by the activity at the club on Friday evenings and especially when we have our lucky draw seems to indicate that there is a positive vibe and spirit developing among our members. It is fantastic to see so many members bringing their families to the club to join in the fun. The Friday night steak evenings are a great success and Mark and his staff needs to be congratulated on the standard of food and service that is supplied. Well done Mark!!!! Our next lucky draw is on Friday the 31st August and with the jackpot at an awesome R7,500 this promises to be a fantastic evening, so make sure that you are there for the draw that will take place at 7 o‟clock. Book a tabel with Mark for the draw and a fantastic steak, chips and salad for only R 120. JD has promised to have a movie for the little ones and we will have some music for the older ones. (Nie die heel ou toppies nie Oom Gerald!)

Stigtings Dag / Founders day

The club is privileged to have a legacy going back to the 29th July 1919, the day on which the Bredasdorp Golf Club officially came into being. Ons het Saterdag die 28ste afgeskop met so ‘n voorsmakie van die feesviering van die klub se honderd jarige bestaan en soos kan sien op die foto‟s was dit ‘n ruse sukses. Erwin het vir ons wyn gereël en Tommie het vir ons die spesiale etiket ontwerp wat op ons “centenary” wyn bottel pronk. Dankie julle twee!! Dankie ook aan Oom Gert wat sy twee pragtige motors kom uitstal het om die nodige styl aan die okkasie te verleen. Ook baie dankie aan Overberg Agri wat vir ons die pryse geborg het. Kyk net hoe pronk almal in hul pragtige uitrustings ——— ons beplan n groot okkasie met volgende jaar se Stigtings Dag, die klub se 100 jarige bestaan.

Liga spanne en hul uitslae

Lede van die Brodie span in hul nuwe spoggerige hemde. Uitslae tot dusvêr; Gewen teen Caledon tuis 2,5 vs. 3,5 Verloor teen Swellendam weg 6 vs. 0 Wen teen Hermanus tuis 2 vs. 4 Verloor teen Riviersonderend weg 6 vs. 0 Gelyk teen Gaansbaai tuis 3 vs, 3 Gewen teen Klienmond weg 2,5 vs. 3,5. Die span speel hul volgende wydstryd teen Klienmond op die 25ste Augustus op ons tuis baan so behoort ‘n voordeel te geniet. Span bestaan uit die volgende lede: Devon Moose, Eben van Lill, Freddy van Zyl, Kobus Tollig, Riaan Jooste, Rowan Minords, Stefan Geldenhuys, JD Terblanche, Wikus Smit, Ettiene le Roux. Die Kruger span doen ook goed in hul liga en het verlede Saterdag die sterk Stellenbosch span hier op ons tuis baan gemaklik geklop. Geluk aan die span, ons sal volgende maand al hul uitslae publiseer.

Baan en gebeure op die baan

Met die baie lekker winter reëns begin die baan nou weer terugkeer na die standaard waaraan ons almal gewoond geraak het voor die droë en warm seisoen van vroeër vanjaar. Die werk aan die sloot oor nommer drie is amper klaar en dit is fantasties om al die water op die baan te sien, die brûe kom nou regtig tot hul reg. So van brûe gepraat, kyk hoe mooi lyk die bruggie by die dames‟ bof by nommer drie. Een van ons lede het die inisiatief geneem om die loopvlak te laat plavei en dit rond die brug baie mooi af. Nou moet ons saamstaan en kyk of ons nie nog lede kan aanmoedig om te help om al die brûe so mooi afgerond te kry nie. Dink net wat dit aan die baan sal doen as al die brûe so lyk !!!

Soos alle projekte wat ons aanpak gaan dit oor die verbetering van die baan en fasiliteite vir almal, so kom help asseblief, enige hulp of donasies sal waardeer word. Praat asseblief met die Klub Kaptein. Megan is doing a fantastic job beautifying the course by planting scrubs and flowers in some strategic spots. She has already planted behind the green at number 7 and between 1 and 9 fairways and is planning to do some magic with the sluit that crosses the course at the start of number 3 and 12. Members can be of tremendous help by either chipping in with some labour or by collecting cuttings of bougainvillea, num-num or different types of aloe. Please speak to Megan or to any of the committee members if you can assist in any way.

Parkrun

Thanks to our Vice-Captain, JD Terblanche and his very able group of helpers who set out the parkrun track the inaugural run on Saturday the 4th August was a great success. Daar was nie minder nie as 174 deelnemers van so ver as Kaapstad, Johannesburg en selfs van Duitsland en moet asseblief nie vergeet van die klomp Bredasdorpers wat deel geneem het nie. Die kombuis het wonderlike aftrek gekry van al die honger atlete wat kom ontbyt geniet het. Die parkrun vind elke Saterdag oggend plaas en inskrywings kan op hul webwerf gedoen word. (www.parkrun.co.za/register) Ons hoop dat hierdie inisiatief meer mense sal bekend stel aan die Bredasdorp Gholf Klub en dat die klub se fasiliteite en wie weet selfs ledetal baat hierdeur sal vind.

 

UPCOMING EVENTS

We have a rather full and exciting couple of Saturdays coming up.

  • 1st September (Rangers Gholf) – Dag Die Rangers rugby klub gedenk hierdie jaar hul 100 ste bestaan en soos altyd is hierdie ‘n baie populêre dag om aan deel te neem. Bespreek asseblief by Ronald Jansen, of by die klub om deel te wees van hierdie dag.
  • 15de September (Boere teen Dorp Gholf Dag) – Baie populêre kompetisie wat gereël word deur Jurie en Marius en as mens in ag neem hoe kompeterend hierdie twee is kan dit net sports wees. Ek hoor al klaar hoe kreun ‘n blou bul!
  • 22ste September (Wiegel & Waggel Gholf Dag) – Kom ondersteun gerus hierdie fonds insamelings dag vir die Wiegel & Waggel kleuter skool. Oubaas en sy span doen altyd moeite om van hierdie dag ‘n sukses te maak en om vir die skool fondse te kry, kom ons ondersteun klub lede se inisiatief.
  • 24ste September (Heritage Day/Erfenis Dag) – Drie spanne, Boere, Capies en die Engelse, gaan meeding om die Erfenis Dag beker en daarna gaan ons lekker eet en kuier. Ronald Jansen het vir ons ‘n beker geskenk vir die kompetisie wat elke jaar op Erfenis Dag gaan plaasvind. Elke span kry ‘n beurt om tradisionele kos te maak vir die funksie en die Capies het aangebied om die eerste jaar te doen. Volgende jaar is dit die Boere se beurt en daarna sal ons moet sien of die Engelse kan kos maak. Die lys is al reeds op in die klub huis, so skryf gerus in vir hierdie kompetisie, wat beloof om baie pret te wees!
  • 29ste September (Goodwin Golf Dag) – Die Goodwin Beker word al vir 51 jaar aangebied by die Klub en bly een van ons grootste en gewildste gholf dae. Hierdie jaar gaan geen sins anders wees nie en ons beoog om weereens ‘n groot en suksesvolle dag aantebied. Spane van 4 lede ding mee om die Goodwin en die Gert Albertyn bekers plus n hele hoop pryse. Inskrywings is oop so kry asseblief julle spanne gereed en skryf in. Hierdie dag word altyd afgesluit deur n heerlike dinee en vermaak, wat alles in die prys ingesluit is. Kom ondersteun asseblief u klub.

June 2018 – Newsletter

As is said in the classics “time flies when you are having fun”

Kan nie glo dat dit al Junie maand is en dat die winter hier is nie. Goeie nuus vir die Lede is dat ons die afgelope paar weke begin reën kry het en ons hoop dat die reën siklus sal terugkeer na normaal. Na so n droë somer sal dit ‘n tydjie vat vir die skoonveld om weer heeltemal tot normaal terug te keer maar met tyd, reën en geduld sal dit gou gebeur.

Daar het baie gebeur by die klub in die afgelope tyd

Algemene jaarvergadering is afgehandel en die jaarverslag is beskikbaar op die webblad. Die komitee is onverander behalwe dat Megan Anderson vir persoonlike redes nie beskikbaar was nie en dat Lisa van der Westhuizen ingestem is as dames kaptein. Welkom aan Lisa, ons hoop en vertrou dat sy haar termyn sal geniet en bied haar die komitee se volle ondersteuning.

Die Klub Kampioenskappe is oor 36 putjies beslis en weereens het John Moos met die trofee weggeloop. In ‘n baie taai stryd, het John teen Clinton Jansen op die 36ste putjie met net twee houe geseëvier. Baie geluik aan al die ander afdeling wenners:

  • Beste netto: Gary Gabriels
  • B afdeling: Oubaas Abrahams
  • Naaswenners: Arthur Carelse en Wikus Smit
  • C afdeling: Albertus Smit
  • Naaswenners: T Schreuder en Andre Swanepoel
  • Dames Kampioen:  Lisa van der Westhuizen

Wikus Smit het gedurende ‘n uitspeel wedstryd teen Johan de Kock op die 6de die volmaakte kolhou gespeel. Geluk met jou “Hole-in-One” Wikus hierdie is regtig ‘n prestasie wat baie min golfer’s mee kan spog. ( en toe kry pa Albertus amper die volgende Saterdag ook een. Dit sou darem ‘n duur oefening gewees het, twee rondes in die kroeg so na mekaar !!!!!!)

DAGBOEK:
  • 23ste Junie (Sanlam Kanker Dag) – Kom geniet en ondersteun gerus hierdie baie goeie doel. Ons verwag n groot veld so kry asseblief u inskrywings vroegtydig in. Pryse om te wen en die wenners van die verskillende afdelings kwalifiseer om aan die streek kompetisie deel te neem. Ons gaan n “Shotgun” afslaan he om 9:30 en dan n heerlike ete wat goedgunstig geborg is deur een van ons lede by die prysuitdeling.
  • 29 Junie (Draw R 6,000) – Met ‘n bedrag van R 6,000 in die “ kiettie “ behoort Vrydag aand se gelukkige trekking n groot geleentheid by die klub te wees. Mark in die kombuis gaan weer vir ons heerlike kos maak so maak asseblief seker om vroegtydig te bespreek by die klub sekretaresse, Charmaine of by Mark by 028 424 1855.
  • 28 Julie (Stigtings Dag/Founder’s day) – Bredasdorp Golf Club was stated 99 years ago on the 29th  July 1919.To get everyone into the spirit of our centenary year we are kicking off our centenary celebrations’   with our first fun day on the 28th July. Come and join us for a fun day of golf. Let’s have a real vintage experience by dressing up as the golfers of that time would have dressed. Nico “Dasman” was nog altyd die netjiesste op die baan en is die enigste een wat weet hoe dit voel om met ‘n das te speel, kom ons wys hom ons kan ook mooi aantrek. So “plus fours”, das en baaitjie vir die mans en lang rokke vir die dames. Daar was seker ‘n paar boere wat met kakie broek en stewels gespeel het.
  • 29ste September (Goodwin Dag) – Hierdie is die klub se prestige dag en ons vra alle lede se ondersteuning om van hierdie dag ‘n sukses te maak. Ons is altyd op soek na spelers en borge so ons vra dat u vroegtydig u besigheids en golf vriende nadertrek om te help.
Please help by donating plants/Help asseblief om ons baan mooi te maak

Exciting times as the “berm” on the Aniston Road next to the 3rd fairway is starting to take shape. ASLA has kindly agreed to assist in moving the soil and shaping the mounds so that we can start planting shrubs and grasses on what is going to be a distinctive feature on the course. The aim of the berm is to aesthetically improve the course by shutting out the visual and sounds from the adjoining development.

We appeal to members to please assist in donating plants, trees and shrubs for this project. We aim to plant hardy plants such as aloe (aalwyn), Bougainvillea or any of the hardy plants of our area. It would also be fantastic if we could further close off the area with a row of trees. Please see the notice board for information regarding our planting effort.

There will also be some rehabilitation done to the sluit crossing our course, so please don’t despair, the course will be in its normal brilliant condition by December.

Slope Handicapping system

Hier kom ‘n ding. Die voorgee stelsel soos wat ons dit ken gaan in September vanjaar heeltemal verander. Die SA Golf Unie het besluit op die nuwe formaat om ons op ‘n gelyke vlak te plaas as die Internasionale standaard. Soos alles wat nuut is skrik ons as ons die verandering sien maar op nadere ondersoek is dit tog nie so intimiderend nie. Werner, ons bestuurder, en Jannie, ons komitee lid verantwoordelik vir gholfsake, het hierdie saak in hande en sal die nodige inligtings sessies hou om almal op hoogte te hou van hoe dit elkeen gaan raak.

Nuwe Finansiële Jaar/New Financial Year

Verandering in ledegeld jaar – Die spesiale vergadering gehou op 19 Oktober 2017 het eenparig besluit dat die jaargeld heffings tydperk verander na Julie. Die ledegeld jaar gaan strek van 1 Julie tot 30 Junie die volgende jaar.

Die rede vir hierdie reeling is om die klub se kontantvloei posisie aansienlik te verbeter en sal lede in staat stel om hul ledegelde gemakliker en op tyd te betaal.

Huidig is die posisie so dat in Desember 2017 Boland Gholf Unie vir ons n rekening stuur vir die jaar Januarie 2018 tot Desember 2018 vir al die lede soos op die 1ste Desember 2017 op ons boeke. Die klub het dan n maand om enige regstellings te maak en Boland stuur aan die einde van Januarie 2018 n finale rekening wat betaalbaar is die einde van Februarie 2018 vir die 2018 boekjaar.

Ledegeld van Bredasdorp Gholf Klub is verskuldig op die 1st Maart 2018 vir die periode Maart 2018 tot Februarie 2019 en lede word n drie maande grasie periode toegelaat om hierdie te vereffen.

Die klub verkeer dus in n posisie waar affiliasie fooie betaal is aan die Boland Gholf Unie voordat al die ledegeld ingesamel is en daar onsekerheid is of sekere lede wel sal betaal en aanbly as lede.

Die huidige sisteem plaas geweldige druk op die klub se kontantvloei.

Oplossing: As ons die ledegeld tydperk verander na die einde van Junie elke jaar. Die ledegeld is dan verskuldig op die 1ste Julie en as lede drie maande vat om te betaal voordat hulle afgehaal word van ons sisteem sal net opbetaalde lede se affiliasie fooi aan die Boland Gholf Unie en die voorgee stelsel verskuldig wees. Die klub sal dan die ledegeld ontvang het van die lede en sal in ‘n beter kontantvloei posisie wees om hierdie affiliasie fooi wat verskuldig is aan Boland en die voorgee stelsel te betaal.

Die klub sal dan presies weet wat die lede getalle is teen Desember wanneer Boland hul rekening stuur.

Wat prakties gebeur;

2018 Jaar

Rekenings is aan alle lede gestuur in Desember 2017 vir die ledegeld verskuldig vir Maart, April, Mei en Junie 2018 plus die affiliasie fooi betaalbaar aan Boland Gholf Unie plus die SAGA Voorgee stelsel VIR DIE 2018 JAAR. Hierdie was betaalbaar teen Maart 2018.

Om lede tegemoet te kom is besluit om die fooi nie te verhoog nie en dus bly die ledegeld die selfde as die vorige jaar. Basies is die jaargeld gedeel deur 12 maande en gemaal met 4 maande PLUS die affiliasie fooi vir die 2018 jaar.

As voorbeeld:

Huidige mans volle lidmaatskap  2017 R 2,246
Maart, April, Mei, en Junie 2018  (2246/12 = 187 X 4 = 748)
Ledegeld R 748
Boland Affiliasie R 444
Voorgee stelsel R 150
Betaalbaar in Maart vir die 2018 jaar R 1,342

 

Julie 2018 tot Junie 2019

Ledegeld R 2,704
Minus 10 % Afslag; (indien betaal voor 30 September 2018.) R 270
R 2,434
Boland Affiliasie R 453
Voorgee stelsel R 147
Betaalbaar in Julie vir die 2019 jaar R 3,033
BTW is ingesluit in hierdie syfer

 

Neem asseblief kennis dat die rekening wat uitgestuur was en hopelik klaar betaal is vir die jaar tot en met Junie 2018 het ingesluit die affiliasie fooi soos deur Boland bepaal vir die 2018 jaar. Die ledegeld wat nou verskuldig is, is vir die tydperk 1 Julie 2018 tot 30 Junie 2019 en sluit die affiliasie fooi in soos bepaal deur Boland vir die 2019 jaar.

 

Ondersteun u klub !!!!!!!  / Support your club !!!!!!!

December 2017 – Newsletter

This is that very special time of the year for us when we get the opportunity to welcome all our visitors and golfing friends to the Bredasdorp Golf Club. We hope that you will enjoy your golfing experience with us and that you will take with you only happy memories and an urge to return for the next round. Hierdie is ‘n baie spesiale tyd van die jaar vir ons wanneer ons die geleentheid kry om al ons besoekers en gholf vriende welkom te heet by die Bredasdorp Gholf Klub. Ons vertrou dat u die gholf ondervinding by ons sal geniet en dat u net goeie herinneringe sal he en graag sal wil terugkeer vir nog ‘n rondte. In our ongoing effort to enhance your golfing experience you may notice that we have painted the clubhouse, with the kind assistance of Mike Fourie of Paintsmith’s We are also busy with a “fynbos” rehabilitation project which entails taking out alien and invasive plants and reintroducing fynbos. Unfortunately, this process has left parts of the rough barren and littered with dead branches that have not been cleared as yet. To make this easier for golfers and to speed up play, the affected areas have been staked and must be treated as a LATERAL HAZARD. So please proceed under rule 26. We have also started the establishment of an environmentally sensitive area between the fairways of number 4/13 and 5/14. This area is staked by white and green stakes and a compulsory free drop must be taken if your ball comes to rest in this area. Spelers word gevra om asseblief die omgewings sensitiewe area gemerk met wit en groen paaltjies tussen nommer 4/13 en 5/14 te respekteer. ‘n Bal wat binne hierdie gebied te lande kom mag nie gespeel word nie en dit is verpligtend om uit te gooi, wel sonder n straf hou.

Die wal aan die linkerkant van nommer 3/12, langs die Aniston/ Waenhuiskrans pad is in wording en ons hoop dat dit die baan definisie sal gee. Die komitee beoog om die wal mooi af te rond met Bougainvillea en Carissa (Noem –noem) en ander inheemse plante. Hier is n wonderlike geleentheid vir lede om betrokke te raak deur vir ons Bougainvillea stiggies te begin maak wat ons teen hierdie wal kan plant. It will take a huge planting effort to beautify this berm and it presents a wonderful opportunity for all our members to get involved and start collecting either Bougainvillea or Carissa (num-num) plants to cover this area. How about planning a big plant party for late summer next year??

Financial Year Change

Members should all have received their membership statements for the period to end June 2018. As explained on the statement this change has been brought about to enable the club to pay the required levies to the Boland Golf Union timeously. Om die klub in staat te stel om sy finansiële verpligtinge teenoor die Boland Gholf Unie natekom is op n Spesiale vergadering besluit om die finansiële jaar te wysig en te verander na einde Junie. Om die siklus reg te kry sou lede al teen hierdie stadium hul ledegeld state ontvang het vir die periode tot einde Junie 2018. Ons doen n vriendelike versoek aan almal om asseblief hierdie rekening so spoedig moontlik te vereffen.

Vrydag 8 Desember Baan is aan die brand

 

‘n Veldbrand aangedryf deur n baie sterk wind het Vrydag amper ons baan vernietig. Die brand het ontstaan op die Struisbaai pad en het binne minute die baan by nommer 7 se setperk bedreig. Die brand het meeste van die sukkelveld (rough) om nommer 7 en nommer 8 vernietig. Gelukkig het die omgewing se boere met hul brand bestryding toerusting die brandweer gehelp om die vlamme van die skoonveld af te hou en om uiteindelik die vlamme te blus. Werner en sy span het hul bes gedoen om die setperke nat te hou en gelukkig het net nommer 7 se setperk die minimum skade gely. Al lyk dit huidig of n bom op die plek geval het is die baan heel speelbaar en die groot voordeel is dat daai balle wat so in die bos weggekruip het sal n mens nou makliker kan kry. The Course was in absolute pristine condition and ready for all our visitors before the fire struck on Friday. This is a setback but as they say in the classics, these things are sent to test us. I can promise you that the Werner and the team will do everything in their power to make your round at Bredasdorp as enjoyable as possible. As members this could just be the catalyst that will get everyone working together to get the club and course back to being the Jewel of the Overberg and Southern Cape.

Hierdie is miskien n bedekte seën, siende dat ons besig is met ‘n rehabilitasie program kan ons ‘n baie groter deel van die baan herplant met inheemse bome en plante. Ek doen weereens n beroep op lede om betrokke te raak met hierdie projek. Kom gee planne, kom gee hulp, kom gee plante. Saam kan ons hierdie ding doen !! Baie dankie aan BON COURAGE wat vanjaar die Strande dag borg op die 27ste Desember. Hierdie was nog altyd een van die hoogtepunte van die vakansie kalender so kry asseblief daardie inskrywings vroegtydig in. The suns sets pretty late in summer so we are offering a Sundowner Special for anybody that wants to play from 4 o’clock onwards. 9 Holes for only R 70 and kids under 12 FREE. Please bring your sons and daughters to enjoy a round of golf. While at the club try our locally brewed Fraser’s Folly and some of the wine from our Elim Wine Region. May this Christmas be blessed, peaceful, restful and joyous and may 2018 bring all that you wish for. Ons wense u ‘n geseënde Kersfees gevul met rus, vreugde en vrede en mag 2018 al u wense vervul.

Die Gholf Komitee/The Golf Committee