As is said in the classics “time flies when you are having fun”
Kan nie glo dat dit al Junie maand is en dat die winter hier is nie. Goeie nuus vir die Lede is dat ons die afgelope paar weke begin reën kry het en ons hoop dat die reën siklus sal terugkeer na normaal. Na so n droë somer sal dit ‘n tydjie vat vir die skoonveld om weer heeltemal tot normaal terug te keer maar met tyd, reën en geduld sal dit gou gebeur.
Daar het baie gebeur by die klub in die afgelope tyd
Algemene jaarvergadering is afgehandel en die jaarverslag is beskikbaar op die webblad. Die komitee is onverander behalwe dat Megan Anderson vir persoonlike redes nie beskikbaar was nie en dat Lisa van der Westhuizen ingestem is as dames kaptein. Welkom aan Lisa, ons hoop en vertrou dat sy haar termyn sal geniet en bied haar die komitee se volle ondersteuning.
Die Klub Kampioenskappe is oor 36 putjies beslis en weereens het John Moos met die trofee weggeloop. In ‘n baie taai stryd, het John teen Clinton Jansen op die 36ste putjie met net twee houe geseëvier. Baie geluik aan al die ander afdeling wenners:
- Beste netto: Gary Gabriels
- B afdeling: Oubaas Abrahams
- Naaswenners: Arthur Carelse en Wikus Smit
- C afdeling: Albertus Smit
- Naaswenners: T Schreuder en Andre Swanepoel
- Dames Kampioen: Lisa van der Westhuizen
Wikus Smit het gedurende ‘n uitspeel wedstryd teen Johan de Kock op die 6de die volmaakte kolhou gespeel. Geluk met jou “Hole-in-One” Wikus hierdie is regtig ‘n prestasie wat baie min golfer’s mee kan spog. ( en toe kry pa Albertus amper die volgende Saterdag ook een. Dit sou darem ‘n duur oefening gewees het, twee rondes in die kroeg so na mekaar !!!!!!)
DAGBOEK:
- 23ste Junie (Sanlam Kanker Dag) – Kom geniet en ondersteun gerus hierdie baie goeie doel. Ons verwag n groot veld so kry asseblief u inskrywings vroegtydig in. Pryse om te wen en die wenners van die verskillende afdelings kwalifiseer om aan die streek kompetisie deel te neem. Ons gaan n “Shotgun” afslaan he om 9:30 en dan n heerlike ete wat goedgunstig geborg is deur een van ons lede by die prysuitdeling.
- 29 Junie (Draw R 6,000) – Met ‘n bedrag van R 6,000 in die “ kiettie “ behoort Vrydag aand se gelukkige trekking n groot geleentheid by die klub te wees. Mark in die kombuis gaan weer vir ons heerlike kos maak so maak asseblief seker om vroegtydig te bespreek by die klub sekretaresse, Charmaine of by Mark by 028 424 1855.
- 28 Julie (Stigtings Dag/Founder’s day) – Bredasdorp Golf Club was stated 99 years ago on the 29th July 1919.To get everyone into the spirit of our centenary year we are kicking off our centenary celebrations’ with our first fun day on the 28th July. Come and join us for a fun day of golf. Let’s have a real vintage experience by dressing up as the golfers of that time would have dressed. Nico “Dasman” was nog altyd die netjiesste op die baan en is die enigste een wat weet hoe dit voel om met ‘n das te speel, kom ons wys hom ons kan ook mooi aantrek. So “plus fours”, das en baaitjie vir die mans en lang rokke vir die dames. Daar was seker ‘n paar boere wat met kakie broek en stewels gespeel het.
- 29ste September (Goodwin Dag) – Hierdie is die klub se prestige dag en ons vra alle lede se ondersteuning om van hierdie dag ‘n sukses te maak. Ons is altyd op soek na spelers en borge so ons vra dat u vroegtydig u besigheids en golf vriende nadertrek om te help.
Please help by donating plants/Help asseblief om ons baan mooi te maak
Exciting times as the “berm” on the Aniston Road next to the 3rd fairway is starting to take shape. ASLA has kindly agreed to assist in moving the soil and shaping the mounds so that we can start planting shrubs and grasses on what is going to be a distinctive feature on the course. The aim of the berm is to aesthetically improve the course by shutting out the visual and sounds from the adjoining development.
We appeal to members to please assist in donating plants, trees and shrubs for this project. We aim to plant hardy plants such as aloe (aalwyn), Bougainvillea or any of the hardy plants of our area. It would also be fantastic if we could further close off the area with a row of trees. Please see the notice board for information regarding our planting effort.
There will also be some rehabilitation done to the sluit crossing our course, so please don’t despair, the course will be in its normal brilliant condition by December.
Slope Handicapping system
Hier kom ‘n ding. Die voorgee stelsel soos wat ons dit ken gaan in September vanjaar heeltemal verander. Die SA Golf Unie het besluit op die nuwe formaat om ons op ‘n gelyke vlak te plaas as die Internasionale standaard. Soos alles wat nuut is skrik ons as ons die verandering sien maar op nadere ondersoek is dit tog nie so intimiderend nie. Werner, ons bestuurder, en Jannie, ons komitee lid verantwoordelik vir gholfsake, het hierdie saak in hande en sal die nodige inligtings sessies hou om almal op hoogte te hou van hoe dit elkeen gaan raak.
Nuwe Finansiële Jaar/New Financial Year
Verandering in ledegeld jaar – Die spesiale vergadering gehou op 19 Oktober 2017 het eenparig besluit dat die jaargeld heffings tydperk verander na Julie. Die ledegeld jaar gaan strek van 1 Julie tot 30 Junie die volgende jaar.
Die rede vir hierdie reeling is om die klub se kontantvloei posisie aansienlik te verbeter en sal lede in staat stel om hul ledegelde gemakliker en op tyd te betaal.
Huidig is die posisie so dat in Desember 2017 Boland Gholf Unie vir ons n rekening stuur vir die jaar Januarie 2018 tot Desember 2018 vir al die lede soos op die 1ste Desember 2017 op ons boeke. Die klub het dan n maand om enige regstellings te maak en Boland stuur aan die einde van Januarie 2018 n finale rekening wat betaalbaar is die einde van Februarie 2018 vir die 2018 boekjaar.
Ledegeld van Bredasdorp Gholf Klub is verskuldig op die 1st Maart 2018 vir die periode Maart 2018 tot Februarie 2019 en lede word n drie maande grasie periode toegelaat om hierdie te vereffen.
Die klub verkeer dus in n posisie waar affiliasie fooie betaal is aan die Boland Gholf Unie voordat al die ledegeld ingesamel is en daar onsekerheid is of sekere lede wel sal betaal en aanbly as lede.
Die huidige sisteem plaas geweldige druk op die klub se kontantvloei.
Oplossing: As ons die ledegeld tydperk verander na die einde van Junie elke jaar. Die ledegeld is dan verskuldig op die 1ste Julie en as lede drie maande vat om te betaal voordat hulle afgehaal word van ons sisteem sal net opbetaalde lede se affiliasie fooi aan die Boland Gholf Unie en die voorgee stelsel verskuldig wees. Die klub sal dan die ledegeld ontvang het van die lede en sal in ‘n beter kontantvloei posisie wees om hierdie affiliasie fooi wat verskuldig is aan Boland en die voorgee stelsel te betaal.
Die klub sal dan presies weet wat die lede getalle is teen Desember wanneer Boland hul rekening stuur.
Wat prakties gebeur;
2018 Jaar
Rekenings is aan alle lede gestuur in Desember 2017 vir die ledegeld verskuldig vir Maart, April, Mei en Junie 2018 plus die affiliasie fooi betaalbaar aan Boland Gholf Unie plus die SAGA Voorgee stelsel VIR DIE 2018 JAAR. Hierdie was betaalbaar teen Maart 2018.
Om lede tegemoet te kom is besluit om die fooi nie te verhoog nie en dus bly die ledegeld die selfde as die vorige jaar. Basies is die jaargeld gedeel deur 12 maande en gemaal met 4 maande PLUS die affiliasie fooi vir die 2018 jaar.
As voorbeeld:
Huidige mans volle lidmaatskap 2017 | R 2,246 |
Maart, April, Mei, en Junie 2018 (2246/12 = 187 X 4 = 748) | |
Ledegeld | R 748 |
Boland Affiliasie | R 444 |
Voorgee stelsel | R 150 |
Betaalbaar in Maart vir die 2018 jaar | R 1,342 |
Julie 2018 tot Junie 2019
Ledegeld | R 2,704 |
Minus 10 % Afslag; (indien betaal voor 30 September 2018.) | R 270 |
R 2,434 | |
Boland Affiliasie | R 453 |
Voorgee stelsel | R 147 |
Betaalbaar in Julie vir die 2019 jaar | R 3,033 |
BTW is ingesluit in hierdie syfer |
Neem asseblief kennis dat die rekening wat uitgestuur was en hopelik klaar betaal is vir die jaar tot en met Junie 2018 het ingesluit die affiliasie fooi soos deur Boland bepaal vir die 2018 jaar. Die ledegeld wat nou verskuldig is, is vir die tydperk 1 Julie 2018 tot 30 Junie 2019 en sluit die affiliasie fooi in soos bepaal deur Boland vir die 2019 jaar.
Ondersteun u klub !!!!!!! / Support your club !!!!!!!