Spring is in the air / Lente is sekerlik van die lekkerste tyd van die jaar.
One does not have to travel anywhere else but the Overberg to see the fantastic kaleidoscope of colour provided by the vygies, canola and wheat fields. I cannot wait to see what our golf course is going to look like next year with all the flowers that Megan is so diligently planting all over the course. (More about that later)
September and October are two very busy months for the club and it has been fantastic to see the support that the club has enjoyed from both members and visitors over this time.
Groot baie dankie aan Marius en Johan wat al die reëlings getref het vir die Boere teen die Dorp kompetisie. Die veld was gelykvol met 72 spelers en nog n paar op die waglys. Die dorp het hierdie jaar geseëvier met 720 punte teen 701. Die boere het weggehardloop met die “gees” prys vir hul pragtig geborgde pette. Die kanon afslaan het goed gewerk en omdat almal gelyk klaargemaak het, het die kroeg en prysuitdeling “gegons”
Ons staatmaker, Paul en Mark het n baie suksesvolle liefdadigheids dag gereël vir die Wiggel en Waggel Kleuterskool en dit was verblywind om die ondersteuning vir so n goeie doel te sien.
Goodwin dag, vir die afgelope 51 jaar een van die klub se prestige gholf dae, was weereens ‟n groot sukses. Oom Harry se, beste ooit! Geluk en baie dankie aan Werner en sy span, Mark, Charmain, Chereleen, Johanna en hul helpers. Dan aan die komitee, dankie aan JD, Rowan en almal wat gehelp het. Vir die tweede jaar in ‟n ry het Mendal se Lakey Bouers Span met die Goodwin Beker weggestap. Baie geluk ook aan Aniston Hotel wat die Gert Albertyn Trofee gewen het.
Education Connection het verlede naweek n baie suksesvolle gholf dag aangebied om hul liefdadigheids organisasie bekend te stel. Hierdie dag was so suksesvol dat hulle volgende jaar weer op die kalender sal wees.
There is a lot happening in and around the club that members must be aware of. The Saturday morning parkrun and the breakfast that Mark serves afterwards is becoming legend. The lowest number of participants of the parkrun has been 55 on a cold and wet Saturday morning. The average is well into the 100‟s
The cart paths around the club house have been completed thank to help and advice from Mendal. It is always reassuring to know that we can depend on the experience of our senior members. (Jy is nog nie so oud nie Mendal maar vir my is jy ’n senior lid!)
We are trying our best to make sure that the clubhouse is neat, tidy and uncluttered. We therefore request that golfers PLEASE NOT take their GOLF BAGS AND CARTS INTO THE CLUBHOUSE. We built the paths to make it easier to take your clubs back to your car after your round.
Die paadjies om die klubhuis lyk baie netjies en maak toegang tot die baan baie makliker. Ons probeer om die klubhuis so netjies en skoon as moontlik te hou en doen ‟n ernstige beroep op all lede en golfers om GROOT ASSEBLIEF NIE GHOLF KARRETJIES EN SAKKE IN DIE KLUBHUIS in te bring nie. Ons het die paadjies gebou om dit makliker te maak om u gholf stokke na u voertuig te neem na u rondte.
Gholf Karretjies
After much deliberation, the committee has decided to acquire its own fleet of golf carts. The success of a club depends on the experience that it offers to members and visitors and an important part of the experience is the overall satisfaction that one feels with the amenities on offer. Golf carts have become an essential part of the golf experience and therefore we have to satisfy that need.
Na vele bespreking en kopkrap het die komitee besluit om 6 nuwe gholf karretjies te bekom. Hierdie karretjies word befonds deur ‟n langtermyn huurkoop kontrak waarna die karretjies die eiendom van die klub sal word. Die konserwatiewe beraming is dat die klub ten minste R 40,000 per jaar uit hierdie bron kan maak.
Events to look forward to / Gebeure om na uit te sien
Special meeting is to be held on Wednesday the 31st October at 18:00 to ratify the updated constitution. A sub-committee was set up after the last annual general meeting to update the constitution of the Bredasdorp Golf Club. This process has now been completed and the constitution needs to be ratified by the members at this special meeting.
Jan-William het vir ons twee sprekers gereël vir ‟n “besigheids ete” aanbieding by die klub vir Vrydag die 26ste Oktober. Die sprekers sal ‟n oorsig gee oor beleggings in die eiendoms mark
en die groter Suid-Afrikaanse arena. Hierdie funksies is baie insiggewend en is die moeite werd vir enigeen wat belang stel in die ekonomie. Bespreek asseblief by Charmaine 028 424 1855.
Megan Anderson has been doing a fantastic job planting indigenous plants and flowers on the course and the time has now arrived for all of us to get involved and help.
Ons het donasies ontvang van oor die honderd aalwyne wat ons langs die Waenhuiskrans pad wil plant. Om bietjie gees te bou en sommer net om n lekker dag by die klub te spandeer gaan ons op Vrydag die 2de November „n plant dag hou. Ons nooi almal om te kom help op die baan en dan gaan ons daarna ‟n lekker tradisionele braai by die klubhuis hou. Kom geniet die dag saam met ons.
Die “Lucky Draw” met R 1,000 in die boerpot gaan ook op Vrydagaand die 2de November wees.
The 50th ICM at Bredasdorp — This is a wonderful tournament that is played annually on a home and away basis against Hermanus. On Saturday the 3rd November the Hermanus team will travel to Bredasdorp for the second leg of this year‟s competition.
Hermanus het nog altyd hierdie toernooi oorheers en die laaste keer wat Bredasdorp die Trofee gewen het, was in 2010. Bredasdorp het in die verlede nog net een keer die Hermanus been van die toernooi gewen, dit is tot 2018 !!!. Die Bredasdorper‟s het in Februarie op Hermanus met 660 punte tenoor 645 geseëvier. Kom ons kyk of ons nie op ons tuis baan ‟n slag hierdie gesogte Trofee kan huis toe bring nie.
In Desember het ons die Round Table/Moov dag op die 1ste en die Kersfees kompetisie op die 8ste.
Baan Verslag deur Werner
Die setperke is onlangs ge-hollowtine, hierdie praktyd word gewoonlik in die groeiseisoene gedoen. Die rede vir hierdie oefening is om die kompaksie van die grond te verbeter en om lug en water beter na die wortels te laat beweeg. Dit help dat die plant die voedingstowwe beter opneem end dus die plant te versterk vir die stres wat dit die somer gaan verduur.
Daar is tans „n paar projekte aan die gang om die baan te verbeter met die seisoen op hande. Die nuwe bof op agtien is tans in wording met die gras wat die komende week geplant gaan word. Dit sal vroeg Desember in spel wees en gaan die laaste putjie „n ander dimense gee. Regs van sewe is „n “waste bunker” aangebring en behoort die gat meer tande te gee.
Jong gholfspeler verteenwoordig Bredasdorp Gholfklub by Sun City
Hierdie was omtrent „n week in hierdie jongman se lewe wat nooit vergeet sal word nie. Francois Wasserman graad 11 leerling by Bredasdorp Hoërskool het die afgelope week Bredasdorp Gholfklub verteenwoordig by die jaarlikse Sanlam Kanker Uitdaag Toernooi wat van 8-10 Oktober by Sun City plaasgevind het. Dit is enige amateur golfers‟ se droom om op die bekende Gary Player baan mee te ding teen gholfspelers van regoor die land.
Om sy voete op die groen gras van Sun City te kon sit was beslis „n prestasie waar op hy baie trots kan wees. Vir Francois om sy vliegtuig kaartjie te kon bespreek moes hy eers die plaaslike kwalifisering rondte by Bredasdorp Gholfklub en daarna die streek finaal by Langebaan Gholfklub wen. As algehele wenner van Afdeling A verteenwoordig hy Boland by die toernooi wat oor twee dae beslis word. Francois eindig in „n skaflike 9de plek en het beslis drome aangewakker om eendag saam met die professionele golfers‟ in die jaarlikse Nedbank Gholftoernooi wat einde November plaasvind skouers te skuur.
Asof hierdie nog nie spoggerig genoeg was het Francois die Saterdag ter voor bereiding sommer „n albatros aangeteken by Bredasdorp Gholfklub. Dit is „n prestasie wat min golfers toekom wat al jare lank hul stokke swaai. Vir die gene wat nie weet dit is twee houe op „n syfer vyf putjie. Hierdie twee prag houe is op die sewende putjie behaal wat die langste putjie is met „n stewige 479 meter. Ons as Klub is sowaar trots op Francois en ons junior golfers‟ en mag hulle ander aanspoor om hierdie wonderlike sport te beoefen.
Die baan is in puik kondisie kom geniet en ondersteun gerus u klub