Judging by the activity at the club on Friday evenings and especially when we have our lucky draw seems to indicate that there is a positive vibe and spirit developing among our members. It is fantastic to see so many members bringing their families to the club to join in the fun. The Friday night steak evenings are a great success and Mark and his staff needs to be congratulated on the standard of food and service that is supplied. Well done Mark!!!! Our next lucky draw is on Friday the 31st August and with the jackpot at an awesome R7,500 this promises to be a fantastic evening, so make sure that you are there for the draw that will take place at 7 o‟clock. Book a tabel with Mark for the draw and a fantastic steak, chips and salad for only R 120. JD has promised to have a movie for the little ones and we will have some music for the older ones. (Nie die heel ou toppies nie Oom Gerald!)

Stigtings Dag / Founders day

The club is privileged to have a legacy going back to the 29th July 1919, the day on which the Bredasdorp Golf Club officially came into being. Ons het Saterdag die 28ste afgeskop met so ‘n voorsmakie van die feesviering van die klub se honderd jarige bestaan en soos kan sien op die foto‟s was dit ‘n ruse sukses. Erwin het vir ons wyn gereël en Tommie het vir ons die spesiale etiket ontwerp wat op ons “centenary” wyn bottel pronk. Dankie julle twee!! Dankie ook aan Oom Gert wat sy twee pragtige motors kom uitstal het om die nodige styl aan die okkasie te verleen. Ook baie dankie aan Overberg Agri wat vir ons die pryse geborg het. Kyk net hoe pronk almal in hul pragtige uitrustings ——— ons beplan n groot okkasie met volgende jaar se Stigtings Dag, die klub se 100 jarige bestaan.

Liga spanne en hul uitslae

Lede van die Brodie span in hul nuwe spoggerige hemde. Uitslae tot dusvêr; Gewen teen Caledon tuis 2,5 vs. 3,5 Verloor teen Swellendam weg 6 vs. 0 Wen teen Hermanus tuis 2 vs. 4 Verloor teen Riviersonderend weg 6 vs. 0 Gelyk teen Gaansbaai tuis 3 vs, 3 Gewen teen Klienmond weg 2,5 vs. 3,5. Die span speel hul volgende wydstryd teen Klienmond op die 25ste Augustus op ons tuis baan so behoort ‘n voordeel te geniet. Span bestaan uit die volgende lede: Devon Moose, Eben van Lill, Freddy van Zyl, Kobus Tollig, Riaan Jooste, Rowan Minords, Stefan Geldenhuys, JD Terblanche, Wikus Smit, Ettiene le Roux. Die Kruger span doen ook goed in hul liga en het verlede Saterdag die sterk Stellenbosch span hier op ons tuis baan gemaklik geklop. Geluk aan die span, ons sal volgende maand al hul uitslae publiseer.

Baan en gebeure op die baan

Met die baie lekker winter reëns begin die baan nou weer terugkeer na die standaard waaraan ons almal gewoond geraak het voor die droë en warm seisoen van vroeër vanjaar. Die werk aan die sloot oor nommer drie is amper klaar en dit is fantasties om al die water op die baan te sien, die brûe kom nou regtig tot hul reg. So van brûe gepraat, kyk hoe mooi lyk die bruggie by die dames‟ bof by nommer drie. Een van ons lede het die inisiatief geneem om die loopvlak te laat plavei en dit rond die brug baie mooi af. Nou moet ons saamstaan en kyk of ons nie nog lede kan aanmoedig om te help om al die brûe so mooi afgerond te kry nie. Dink net wat dit aan die baan sal doen as al die brûe so lyk !!!

Soos alle projekte wat ons aanpak gaan dit oor die verbetering van die baan en fasiliteite vir almal, so kom help asseblief, enige hulp of donasies sal waardeer word. Praat asseblief met die Klub Kaptein. Megan is doing a fantastic job beautifying the course by planting scrubs and flowers in some strategic spots. She has already planted behind the green at number 7 and between 1 and 9 fairways and is planning to do some magic with the sluit that crosses the course at the start of number 3 and 12. Members can be of tremendous help by either chipping in with some labour or by collecting cuttings of bougainvillea, num-num or different types of aloe. Please speak to Megan or to any of the committee members if you can assist in any way.

Parkrun

Thanks to our Vice-Captain, JD Terblanche and his very able group of helpers who set out the parkrun track the inaugural run on Saturday the 4th August was a great success. Daar was nie minder nie as 174 deelnemers van so ver as Kaapstad, Johannesburg en selfs van Duitsland en moet asseblief nie vergeet van die klomp Bredasdorpers wat deel geneem het nie. Die kombuis het wonderlike aftrek gekry van al die honger atlete wat kom ontbyt geniet het. Die parkrun vind elke Saterdag oggend plaas en inskrywings kan op hul webwerf gedoen word. (www.parkrun.co.za/register) Ons hoop dat hierdie inisiatief meer mense sal bekend stel aan die Bredasdorp Gholf Klub en dat die klub se fasiliteite en wie weet selfs ledetal baat hierdeur sal vind.

 

UPCOMING EVENTS

We have a rather full and exciting couple of Saturdays coming up.

  • 1st September (Rangers Gholf) – Dag Die Rangers rugby klub gedenk hierdie jaar hul 100 ste bestaan en soos altyd is hierdie ‘n baie populêre dag om aan deel te neem. Bespreek asseblief by Ronald Jansen, of by die klub om deel te wees van hierdie dag.
  • 15de September (Boere teen Dorp Gholf Dag) – Baie populêre kompetisie wat gereël word deur Jurie en Marius en as mens in ag neem hoe kompeterend hierdie twee is kan dit net sports wees. Ek hoor al klaar hoe kreun ‘n blou bul!
  • 22ste September (Wiegel & Waggel Gholf Dag) – Kom ondersteun gerus hierdie fonds insamelings dag vir die Wiegel & Waggel kleuter skool. Oubaas en sy span doen altyd moeite om van hierdie dag ‘n sukses te maak en om vir die skool fondse te kry, kom ons ondersteun klub lede se inisiatief.
  • 24ste September (Heritage Day/Erfenis Dag) – Drie spanne, Boere, Capies en die Engelse, gaan meeding om die Erfenis Dag beker en daarna gaan ons lekker eet en kuier. Ronald Jansen het vir ons ‘n beker geskenk vir die kompetisie wat elke jaar op Erfenis Dag gaan plaasvind. Elke span kry ‘n beurt om tradisionele kos te maak vir die funksie en die Capies het aangebied om die eerste jaar te doen. Volgende jaar is dit die Boere se beurt en daarna sal ons moet sien of die Engelse kan kos maak. Die lys is al reeds op in die klub huis, so skryf gerus in vir hierdie kompetisie, wat beloof om baie pret te wees!
  • 29ste September (Goodwin Golf Dag) – Die Goodwin Beker word al vir 51 jaar aangebied by die Klub en bly een van ons grootste en gewildste gholf dae. Hierdie jaar gaan geen sins anders wees nie en ons beoog om weereens ‘n groot en suksesvolle dag aantebied. Spane van 4 lede ding mee om die Goodwin en die Gert Albertyn bekers plus n hele hoop pryse. Inskrywings is oop so kry asseblief julle spanne gereed en skryf in. Hierdie dag word altyd afgesluit deur n heerlike dinee en vermaak, wat alles in die prys ingesluit is. Kom ondersteun asseblief u klub.