



Geagte lede,
Vertrou dit gaan goed met elk van julle.
Hiermee wil ons elke speler hartlik bedank vir hul teenwoordigheid en ondersteuning met ons 54ste ICM op Bredasdorp op die 5de Nov 2022.
Baie geluk aan ons wenners van die dag:
1. Gollie Arendse en Clive October met 46 punte.
2. Ronald Jansen en G. Murtz met 45 punte.
3. Johan Standard en Francois Hooneberg 44 punte.
Dan was altwee spanne se tellings aan die begin van die jaar gelyk op met 524 punte.
Hermanus het op die dag 390 punte gemaak wat hulle op n total van 914 punte sit.
Bredasdorp het op die dag 393 punte gemaak wat ons op n total van 917 punte sit.
Ons wen die beker weer terug met 3 punte.
Baie geluk Manne. Weereens dankie vir almal wat die dag moontlik gemaak het.
Dan wil ek ook vir Elim slaghuis baie dankie se vir hulle borg met die pryse vir die dag.
Mooi week verder vir almal.
Groete,
Bestuur


