Geelstert Classic 2023

Dit is een van die groot naweke op Bredasdorp Gholfklub se kalender en ons as bestuur streef daarna om die dag te laat groei op ‘n jaarlikse basis.

Ons wil baie dankie sê aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het.
Ons hoofborg was Point-S saam met Trelliborg. Ons wil vir julle baie dankie sê en vir ons lede vra om al ons borge wat deur die Jaar die Gholfdae moontlik maak te ondersteun. Sonder hulle sal die Gholfdae se ervaring nie moontlik wees nie.
Weereens baie dankie.

Ons het op die Vrydag 28 spelers gehad wat kom deelneem het aan die 9 gate kompetisie. Asook 72 wat die Geelstert braai Vrydag aand saam met ons geniet het.

Die eerste 3 plekke was:

1ste : I Adams.
2de: Gollie Arendse.
3de: Eben van Lill.

Naaste aan die pen vir 2 op 9 was JD Terblanche

Baie geluk manne.

Ons het ook baie lekker geëet die aand, baie dankie John Moos vir die braai werk.
Ongeveer 72 gaste het die Geelstert braai Vrydag aand saam met ons geniet. Baie dankie vir n heerlike aand en almal se ondersteuning.

Die Saterdag was net so ‘n lekker dag gewees. Dankie vir PointS/Trelliborg vir die nat gat by 4. Dit is altyd lekker om iets daar te kry, vir die keel en vir die maag.

Ons wenners vir die Saterdag was soos volg:

1ste : M. Wahl en M. Barnard. Baie geluk.
2de : P du Plessis en L Coetzer.
3de : JD Terblanche en W de Klerk.

Baie geluk manne.

Weereens dankie aan almal wat deel geneem het. Ons glo dat ons almal weer sal sien volgende jaar asook ‘n hele klomp nuwe spelers.

Die borge vir die dag was.
Hoofborg: Point-S/Trelliborg
Build it.

Mooi week verder vir elkeen van julle.

Groete,

Bestuur.