Nuusbrief / Newsletter.

Geagte lid

Die jaar is op sy einde en met dit het ons ook in ons hoof seisoen in beweeg. As bestuur wil ons u dank vir n goeie jaar van ondersteuning en kan net verder bou van hieraf voorentoe.

Ons het n paar lekker dae beplan vir die fees seisoen. Kom speel gerus saam.

Woensdag liga

Wil baie dankie se vir elke lid wat deel geneem het en die weer op reen dae , wind dae en die mooi dae aan gevat het.

Dan wil ek ook n GROOT dankie se aan ons borge. PSG makelaars en BM Ford.

Baie geluk aan Nico Du Plessis wat die liga wen en Harry Kruger in 2de plek en Kobus Tollig in 3de plek. Die eerste drie plekke verskil met net 4 punte.

“Match Play”

Baie dankie aan ons BORG PSG makelaars wat die liga moontlik maak vir ons.

Die enkel finaal is gespeel deur W Ferreira en C October die wenner op die dag was W Ferreira baie geluk.
Doubels finaal is gespeel deur Harry Kruger, Kobus Tollig teen Gavin Hopley en Paul Valentine is gewen deur Harry Kruger en Kobus Tollig. Baie geluk manne.

ICM

Ons het die dag op Harmanus die weer getrotseer en wil vir elk van julle dankie se wat die dag daar was. Die telling op die dag was 362 Bredasdorp en Hermanus 334 .
Die dag op ons tuis veld het dit net so goed gegaan.

Bredasdorp 308 en Hermanus 303 wat baie nader was.

Bredasdorp 670 en Hermanus 637 en wen die jaar vir n tweede jaa agter mekaar.

Kom ons kyk of ons dit drie in n jaar kan maak.

Werner

Soos die meeste van julle al gehoor het. Maak Werner die 10de January klaar en begin n nuwe deel van sy lewe aan die ander kant van die land.

Van die bestuur se kant af wil ons vir Werner baie dankie se. Dit was nie altyd maklik en met die min wat hy gehad het , het hy baie goed gedoen. Ons gaan jou mis en hoop dat ons jou sal sien wanneer jy die kant toe kom.

Vakansie tyd

Vir die lede wat weg gaan ry versigtig op die pae en kom veilig terug. Vir die van julle wat bly hoop ons sien julle op die baan.

Geseende Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar.

Groete,
Bestuur.